Posted by: mykopop | Woensdag 25 Julie 2007

LG RH-1999 DVD Opnemer

Ek het so ‘n jaar gelede besluit om een van die DVD opnemers te koop wat mens nou kry. Aangesien ons reeds ‘n VHS-masjien in die TV-kamer het, was die idee om die masjien in die slaapkamer te gebruik sodat ons grootmense ook ‘n kans kan kry om ons programme op te neem en op meer aanvaarbare tye te kyk. Na ek bietjie rondgekyk het, het ek in Augustus verlede jaar die LG RH-1999 gekoop, deels omdat dit op ‘n spesale aanbieding was. Dit het ‘n 250 GByte hardeskyf en kan die meeste tipes DVD en CD media hanteer.Soos gewoonlik is daar maar ‘n paar probleempies met so ‘n gevorderde tegniese stuk toerusting. Dit beteken nie ek sê dis ‘n slegte masjien nie, eintlik is ek baie in my skik daar mee. Hier is die lys van probleme:

  1. Aangesien daar UHF-sokke (in en uit) is, kan mens maklik aanneem dit het ‘n UHF modulator sodat jy ‘n kanaal van ‘n (veral ouer) TV daarop kan instel. Daar is nie ‘n modulator nie. Maar ek glo dis dalk die geval met almal of meeste van die tipe masjiene. Met nuwer TV’s wat almal AV-insette het, is dit nie eintlik ‘n probleem nie, maar dit sou handig wees om die sein na ‘n ander vertrek te versprei.
  2. Verloor tyd en datum gedurende ‘n kragonderbreking. Lyk of daar nie ‘n battery-aangedrewe intydse klok is nie. Dit weerstaan darem ‘n kort onderbreking, soos as ek dit vinnig op ‘n UPS inprop wanneer ons weggaan.
  3. Verloor ook stasie-name gedurende ‘n kragonderbreking. (Ek is nie heeltemaal seker nie – iemand se vingers kon dalk gejeuk het.)
  4. Verloor ook tyd-opname tabel gedurende kragonderbreking.
  5. Wanneer ‘n nuwe DVD+RW ingesit word, word dit geformateer sonder om te vra VR of Video modus, ek weet nie watter een word gebruik nie.
  6. Ek kon videos kopieer na ‘n DVD+RW, maar kon dit nie finaliseer nie.
  7. As die masjien aan is, begin dit nie programme opneem waarvoor jy dit gestel het nie! Dit moet af wees. Ek dink die idee is om dit soveel moontlik te laat werk soos ‘n gewone videomasjien, waaraan mense gewoond is. Maar dis tog ‘n rekenaar, dit kan mos ‘n “pop-up” oopmaak en vra: Wil jy aanhou doen wat jy nou doen, of moet ek die program opneem, en as jy nie antwoord nie, in elk geval die program opneem.
  8. Al is daar nog spasie op die hardeskyf, kan dit net tot 255 (dink ek) programme op die hardeskyf hê. Ook maar lekker stupid…
  9. As jy enigsins ‘n program wat jy op hardeskyf het ‘edit’, dan skryf dit teen speelspoed wanneer jy dit op ‘n DVD kopieer. Hoekom? Selfs al het jy dit net korter gesny – dan is die kodering tog nog dieselfde.
  10. Alhoewel ek dink van my klagtes kan met nuwe sagteware (‘firmware’ eintlik) opgelos word, lyk dit nie asof LG enige sulke planne het nie. (Dis deesdae algemeen dat nuwe sagteware vir DVD-spelers ens. van die internet afgelaai kan word. Die masjien word dan opgegradeer deur dit op ‘n skyf te sit, in die masjien te laai en ‘n sekere prosedure te volg, bv. deur die krag af en aan te skakel terwyl sekere knoppies ingehou word.

Nog een groot klagte, wat ek nie voor LG se deur kan lê nie, is dat die kinders die masjien ook oorgeneem het! OK, daar is darem ook ‘n paar van my goedjies op, die harde skyf bly vollerig.

Daar is verskeie kompressie- of kwaliteit-opsies. Met die hoogste kompressieverhouding dink ek dit kan tot 350 uur se programme opneem. Die opsies word aangedui soos vir ‘n VHS-masjien, bv. SP vir gewone VHS-kwaliteit en LP (long play) wat ons dan ook gebruik en waarmee die kwaliteit heel aanvaarbaar is.

Daar is ‘n los paneel voor, die volle breedte van die masjien, wat kan oopmaak, die AV2 sokke en geheue-sokke te ontbloot, dan lyk hy so:


Ek is nie baie mal oor die knoppies wat op op die masjien sit nie, dan is hulle ook nog bietjie moeilik om te lees. Ook die voorpaneel is nie baie duidelik leesbaar van ver af nie, maar mens werk tog darem meeste op die TV-skerm.

Ek is redelik tevrede met die afstandbeheer, die knoppies is nie te klein nie, wat gewoonlik my klagte oor afstand-beheerders is. Daar is ook ‘n klein seksie knoppies met die belangrikste knoppies om ‘n TV-stel te beheer – dit is programmeerbaar, maar ongelukkig is die aantal TV-modelle beperk en dit werk nie met die Sansui-TV wat ek nou gebruik nie. Ek sal moet ‘n LG platskerm-TV koop vir die slaapkamer. Die masjien het ook ‘n HDMI-uitset – nog ‘n rede vir ‘n hoëdefinisie-skerm!

Die afstandbeheer het ‘n dekseltjie wat afskuif om minder-gebruikte knoppies by te kom.


Dan is daar nog ‘n aantal gevorderde kenmerke:

  • ‘Time slip’, jy kan ‘n program begin opneem en dan terwyl dit halfpad is van die begin af begin kyk en advertensies oorslaan tot jy inhaal.
  • Kyk ‘n program wat reeds opgeneem is terwyl jy ‘n ander een opneem.
  • ‘Picture-in-picture’: Hou ‘n TV-kanaal dop in ‘n klein venstertjie terwyl jy ‘n video volskerm kyk.

Dit is nogal ‘n probleem om te leer hoe alles werk, bv. ek is nie op die oomblik seker hoe die time-slip werk nie. Ons kyk darem al met vertroue een program terwyl ons ‘n ander opneem.

Ek het darem al die volgende lekker goed met die masjien gedoen:

  1. Ek neem musiekprogramme op (ek gebruik ‘n Vivid satellietdekodeerder as inset). Dit neem dan net ‘n swart skerm op met die musiek. Dan kopieer ek dit en ‘rip’ die klankbaan op my rekenaar. Die klank (op LP) is Dolby AC3, maar ek kan dit omskakel na mp3 en as daar bv. ‘n liedjie gespeel het wat ek nie in die hande kan kry nie, kan ek dit uitsny en hou.
  2. Ek kopieer van my mp3’s van my rekenaar op ‘n DVD-RW en van daar op die masjien se harde skyf, dan kan ek dit in die slaapkamer luister sonder om CD’s te gaan uithaal.
  3. Konnekteer die VHS-masjien aan die voorste AV terminale en dra materiaal wat ons op VHS het eers oor op die harde skyf en dan op DVD.

Ek is nog nie spyt oor ek die masjien gekoop het nie – ek sal nou nie sê dis nou die masjien om te koop nie, ek hoop eerder ek het jou ‘n paar idees gegee om die handelaar te vra voor jy koop. Ek sal ook graag wil hoor van mense met ander masjiene, hoeveel van die selfde probleme ondervind julle of ondervind julle nie?

Ek het ‘n jaar gelede die masjien by Makro gekoop vir R3000, en het vanaand gekyk by http://www.makro.co.za en sien dit is nog beskikbaar, nou teen R2500. (Soek vir ‘recordable’)


Responses

  1. […] dekodeerders beskikbaar sal wees nie.) As jy tans ‘n DVD-opnemer besit soos ek, dit is ‘n mooi digitale masjien, maar die ontvangs is analoog. Dus, wanneer die […]

  2. […] was my LG DVD Opnemer aan om die omblik te verewig! Dit was Sondag op RSG net so na die 11-uur nuus, en net so voor sy die […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: