“Tussen die blaaie…is ek”, was veronderstel om maar net dit te beteken: Hier, tussen die blaaie wat ek geskryf het, sal jy my ontdek.. Dus het ek aanvanklik maar net my e-pos adres hier gesit in geval iemand my wil kontak.
Tog lyk dit vir my of daar so nou en dan iemand op hierdie blad ‘n draai kom maak. Ek het nie op die oomblik veel te sê oor myself nie. Ek is ‘n man, ek is getroud met ‘n vrou, Marietjie en ons het 3 kinders amper klaar grootgemaak.
Miskien moet ek maar ‘n paar skakels gee na van die blaaie waartussen jy my sal kry.
Gedurende November is ek “getag”, ek dink dit was Skoorbek se werk, om 8 dinge oor myself te vertel. Aangeien ek my antwoord redelik naby die einde van die tag-storm ingedien het, het ek dit genoem “So op nommer 99!” Dis miskien die inskrywing wat die meeste oor my sê.
Ek probeer al vir jare om liedjies te skryf of gedigte te toonset. Ek het een van my liedjies opgelaai. Hier is hy: Ek Probeer. Hierdie een is ‘n toonsetting van twee Boerneefgediggies.
Ek skryf ook nou en dan ‘n gediggie, as mens hulle so kan noem. Hier is hulle so ver:
- Klavier
- VERS-LANKING
- Die digter is ‘n koei – ‘n Nederlandse gedig wat ek in Afrikaans vertaal het.
- Donker Tjoklit
- Rekenaarvlokkie
- Etnie Sê: Suiwering!
- ‘n Ogie op ‘n gypsy
- Die kinderfonds beeld (impromptu in pajamas)
- Geen Slaggate / No Potholes (mag dit somer in jou hart wees)
- Mnr. Duskant
Ek het ook al een storietjie geskryf: Speelgoed uit die warm plek. Maar dit was eintlik boereverneukery, alles net om by die laaste vier woordjies uit te kom!
E-Pos My:
m_y_k_o_p_o_p by gmail punt com
(verwyder _ ens.)
opebrief aan joukopop,
ja & nee, ek kan nie beswaard wees as enige een wat wil(moet) my gedigteblog besoek en put wat daar te putte is nie. my blog was en is nog so bedoel om as ‘n medium te dien en om dmv skryfsels gedigte so met my 2 liewe bloedsusters te kommunikeer. die feit dat jy my geblik het maak dit seker statisties meer beduidend of verhoog net die kans dat meer mense dit raak sal lees.
dankie vir jou waardering.
ek vind jou blog ook uiters informatief en goed versorgd.
groete,
izak.
kammakazi op Woes.
Izak van Rensburg op LitNet.
en dan is daar ook gelukkig ‘n regte egte lewe buite die Matrix.
By: izak on Dinsdag 20 November 2007
at 20:33
Hi Boetie Chris
Ek geniet dit vreeslik. Wie het nou ooit kon raai ons het ‘n skrywer in ons familie.
By: Emmie on Dinsdag 2 September 2008
at 18:26
Hallo.
Bedankt om eens op mijn blog te komen, ik lees hier zomaar wat rond en vind je taal prachtig, zo poëtisch, zo mooi. Ik kom terug en lees.
By: clarissejananoukmarie on Vrydag 17 Julie 2009
at 19:09