Posted by: mykopop | Maandag 23 Julie 2007

‘n Toorvrou Se Toorboek

Hierdie is nie regtig ‘n resensie nie – ‘n resensie behoort mos te wees oor ‘n boek wat vars op die rak is. Ongelukkig het die prys van Matthee se boeke skielik met haar dood die hoogte ingeskiet en ek het eers ‘n jaar of wat gewag en nou eers daarby uitgekom. As jy nog nie die boek gelees het nie, gaan ek ook probeer om nie die storie vir jou te bederf nie, maar dis ‘n tipe boek waarvoor jy eintlik bietjie moet voorberei – wat ek nie vooraf geweet het nie.
Houtkappers is boomslim, houtslim. Al dink die mense van buite hulle is agterlik. Armblankes.

Karoliena Kapp, dogter van ‘n houtkappersfamilie, is ‘n skrander meisie, sy doen goed op skool. Dan kry sy die geleentheid om te ontsnap uit die agterlikheid – Johannes Stander het ‘n winkel op die dorp en is ryk. Hy vra haar om te trou en sy word eers by Miss Ann in ‘n losieshuis geplaas, ‘n soort van private “finishing school” vir haar. Ten volle toegerus vir haar rol as ryk vrou trou sy met hom, maar daar is te veel van haar in die bos en te veel van die bos in haar. Na ‘n dag of twee loop sy weg – terug bos toe. Sy kan natuurlik nie terug na haar Ma wat te bly was om haar goed getroud te kry nie.

Sy vind ‘n tuiste by ‘n ou houtkapper, Ou Bothatjie wat help met eksperimente om klein stinkhoutboompies kunsmatig aan die gang te kry. Matthee gebruik ook ‘n karakter uit die geskiedenis, Mnr. Fourcade (sien Erkennings hieronder). Bothatjie vertel ook vir Karolina van ‘n man wat eendag daar aangekom het nadat hy sy been gebreek het in ‘n motorongeluk en vir ses weke moes lê. Hy’t toe sy klere uitgetrek en sy lyf teen ‘n boomstam staan en skuur. Hy’t iets op ‘n papiertjie geskryf en vir Bothatjie gegee. Toe Karoliena dit lees, sê dit: “To the wild old man of the forest, from another wild old man. Bernard Shaw”.

Karoliena bly ‘n bosmens vir die grootse deel van die boek. Sy praat van boomland en mensland. Sy wil voel hoe dit voel om ‘n boom te wees. Sy wil voel hoe dit voel om ‘n olifant te wees. Met geldjies wat sy hier en daar in die hande kry word sy soos ‘n maatskaplike werker onder die houtkappers, terwyl die Carnegie-kommissie nie veel uitrig nie. Sy word ook ‘n amperse aktivis namens die bosmense.

Nog baie elemente verleen kleur aan die verhaal: die houttreintjie, die groot trein, spookmotte, ‘n voëltjie (‘n bontrokkie) wat so mak is in die bos dat hy op Karoliena se hand kom sit. Matthee gebruik geskiedkundige feite om die verhaal in te klee: die 1938 gedenk-ossewatrek, die tweede wêreldoorlog begin en die verhaal kom tot ‘n verrassendgelukkige einde, iewers rondom die einde van die oorlog.

As jy die boek reeds gelees het, hoop ek ek het aangename herinneringe teruggebring, anders hoop ek jy weet nou dat jy dit moet lees.

The Four Faces of Fourcade kan dalk ‘n interessante boek wees om te lees.

Hier is nog ‘n paar verwysings op die internet:
http://152.111.1.251/argief/berigte/rapport/2003/12/28/R1/18~1/01.html
http://www.capegateway.gov.za/Text/2007/5/10_jan_feb07_22-23.pdf
http://www.oulitnet.co.za/seminaar/toorbos.asp
http://www.oulitnet.co.za/mond/toorbos.asp

Hier is 3 van my eie foto’s wat ek in 1983 in die Knysna omgewing geneem het:

Die woud

Ons het die trein gejaag om die lokomotief af te neem by Sedgefield.


‘n Groot boom. Karoliena se boom?

Responses

  1. Ek het ook die boek geniet toe ek dit gelees het (dit voel of dit jare gelede was).
    Ry daardie stoomtrein nog?

  2. Ek het die boek ook baie geniet. Sy skryf so goed dat dit gevoel het of ek ook in die bos is en alles beleef.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: