Posted by: mykopop | Sondag 29 April 2012

nieToli in eGoli !!!

Op 13 Maart 2011 het ek twee foto’s op Facebook geplaas, onder die opskrif “…of betaal!”   Ek het eintlik gaan kyk na die voetgangerbrug  met die wit geboë toring oor die N1.  Ek het daarby geskryf:

“Op die redelike groot stuk van die N1 wat ek ken, van die N12 Potch tot by Midrand, weet ek nie van nog ‘n voetgangerbrug nie. Ek wou net Saterdag bietjie gaan kyk hoe lyk dit van daar af. Lyk nie of hy so geplaas is dat dit die moeite werd is nie, in sowat 10 – 15 minute wat ek daar was het net 2 mense daarvan gebruik gemaak. Dis toe van daar af wat die die aanbou van die ander duiwelsding gesien het!

Ek weet net nie of iemand tevrede is hiermee en of ons enige “fair play” kan verwag nie! “  (Die brug is in die voorstad Fairland geleë.)

Julle weet ek is maar dom as dit by politiek en sport kom, nogtans, noudat die e-Tol weer uitgestel is, wil ek graag ‘n paar dinge kwytraak::

  • Ek is bly!  (In die Noordkaap het ons ‘n uitdrukking, “hy sal nie tol nie”, bedoelende hy sal iets nie regkry nie. Dankie tog dat Outa vir Sanral op die bek geslaan het die keer!
  • Ek was eers onder die indruk dat die opgradering van die paaie deel was van die infrastruktuurbelegging wat FIFA in die land sou maak.  Miskien was ek alleen, maar ek het tog in die afgelope paar dae iewers in die nuus gehoor iemand sê ons is onder die indruk gebring dat die opgradering van die paaie VIR die sokker was. Is dit nie maar dieselfde ding nie?
  • Tolgelde moenie gehef word as daar nie alternatiewe roetes is nie.  As ek Pretoria toe ry, sou ek my tolgeld kon verminder deur die N14 tot by Centurion te neem, maar van daar af weet ek regtig nie hoe ek by die Atterbury- of Brooklyn-Teater gaan uitkom sonder om die N1 te gebruik nie.
  • Ek dink dis goed, soos die hof beslis het, dat die proses hoe tot die besluit gekom is, hersien word.  Ek hoop dit sluit die tenderproses waarvolgens die tender aan ETC toegeken is in.
  • Dis vir my totaal onaanvaarbaar om te hoor die koste van die stelsel is amper soveel as die geld wat ingesamel gaan word.  Dit klink net of die hele plan beraam is om geld in sakke in te laat rol.
  • Die geld van die Staatspensioenfonds wat in die skema belê is, is vir my nog meer aanvaarbaar, ek dink die mense wat in beheer daarvan is moet onmiddellik HARD tot verantwoording geroep word.  En die geld moet onmiddellik terugbetaal en behoorlik belê word.
  •  Ek hoor nou hulle sê nou gaan dit ons baie kos, die dat ons nou agterstallig gaan raak met die betalings.  Ek is heeltemal te vinde daarvoor dat daar intussen  ‘n plan gemaak word sodat ons wel begin betaal.  Miskien ‘n brandstofheffing, maar dit sou nie vir my heeltemal regverdig wees nie, want ek gebruik die snelweë maar min,  ek dink minder as 5% van die kilometers wat ek ry.  Kommersiële operateurs wat die paaie stukkend ry om hulle geld te maak dan dan darem breed glimlag.
  • Daar was tog altyd meganismes om geld vir die bou en instandhouding van paaie te in:  Voertuiglisensies, belastings en brandstofheffings.  Dus is e-Tol onnodig.
  • Dis vir my verblydend om te sien dat die lede van die ANC begin wakker word en nie sommer meer net die “leiers” toelaat om te regeer soos wat hulle wil nie!

Die voetbrug oor die N1, waarvandaan ek die foto hierbo geneem het.


Responses

  1. Nee hel, solank hulle dit net nie OOK nog van die brandstof wil verhaal nie. Maak dan maar eerder lisensies duurder.

  2. Ja met die geld kon hul eerder nog ‘n Afrikaanse laerskool gebou het anderkant die snelweg. Vreeslik dat laerskoolkinders hieroor moet stap.


Lewer kommentaar op Son Kanselleer antwoord

Kategorieë