Posted by: mykopop | Dinsdag 15 Mei 2012

Gerard de Leeuw 100 jaar uitstalling

Ons probeer deesdae gereeld die uitstallings by die Universiteit van Johannesburg se kunsgalery bywoon, spesifiek die openings, om te hoor wat die kenners, of soms kunstenaars self, te sê het oor die werke.

Hierdie item op die jaarprogram, van die beeldhouwerke van Gerard de Leeuw (1912-1985), het onmiddellik my aandag getrek.  Boonop was daar die aand voor die opening op RSG-kuns ‘n onderhoud met Dr. Fred Scott, die kurator van hierdie uitstalling.

Die uitstalling word aangevul met ‘n twintigtal skilderye, meestal deur Suid-Afrikaanse kunstenaars wat vriende of kennisse van de Leeuw was, met ook een skildery van homself.

Die titel van die beeld hier links is “Pensioendag”, ek het die foto iewers op die internet raakgeloop.

Ek is so beïndruk deur hierdie uitstalling dat ek pas die volgende op UJ Kunsgalery se Facebook-muur gaan skryf  het:

Thanks very much for this, UJ Art Gallery, this must be one of the best you have had since I started frequenting your exhibitions beginning of last year! For me there is always something “organic” in art, e.g. in music, even though it is digitised, there are the vibrations of the vocal chords of my favourite singers. Likewise is walking around amongst these works of Gerhard de Leeuw, things which he has touched and shaped with his hands. Yes, there are those that are just “cute”, like the little lamb, which by the way I saw someone was urged to touch. But then there are other very original en progressive works of art. The catalogue will be a valuable addition to my collection of art books.

Without doing any injustice to the main exhibition, I think the paintings on display was just that little touch that made this exhibition something I will remember for a long time. Seeing together in one room a Boonzaaier, Claerhout, Cilliers-Barnard, Laubser, Pierneef etc. and rediscover others that I have forgotten like Marianne Podlashuc was an extraordinary experience.

Congratiolations! I might just turn up again for the walkabout on Saturday.

Die uitstalling is nog oop tot 30 Mei en op Saterdag 19 Mei is daar weer ‘n aanbieding deur Dr. Scott.  Daar is ‘n katalogus (slegs van die beeldhouwerke) te koop teen R150.

Nog ‘n foto wat ek op die internet raakgeloop het: Die mag van die Toordokter.

Aangesien die katalogus net die beelde lys, het ek maar my skaamte in my sak gesteek en met ‘n boekie rondgeloop en die skilders se name ook neergeskryf.  Hulle was:

De Leeuw, Gerhard; Cilliers Barnard, Bettie; Van Essche, Maurice; Kibel, Wolf; Claerhout, Frans; Ampenberger; Lipschitz, Lippy; Boonzaaier, Gregoire; Rose-Innes, Alexander; Laubser, Maggie; Mayer, Eric; Ampenberger, Stefan; Pierneef, J.H.; Oerder, F.; Westbrook, Walter; Cantrell, Arthur; Varney, Fayeitta; van der Merwe, Eben; Podlashuc, Alexander; Krige, Francois; Podlashuc, Marianne;

Responses

  1. Hou veral van die beeld, “mag van die toordokter”! Ek sal bietjie moet gaan oplees oor Gerard de Leeuw – nog nie voorheen v hom gehoor nie…


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: