Posted by: mykopop | Dinsdag 8 Desember 2009

As ‘n storie nie werk nie…

Wat maak jy?  Ek het so ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede ‘n kortverhaal probeer skryf.  Ek het probeer om sekere dinge te gebruik om die storie lekker kontemporêr te maak, soos die tydskrifte dit graag wil hê.  Ongelukkig het dinge in die werklike lewe nie op die regte tyd gebeur nie, gevolglik was daar nooit ‘n geskikte publikasietyd vir my storie nie. Nie dat ek weet of ‘n tydskrif dit sou wou publiseer nie.  Vir die asdrom of die delete-knoppie sien ek nie kans nie, toe sit ek hom maar op Pennestreke.

Die storie gaan so…

DIE MAN WAT MOES KOM Sê HET

Vrydagnamiddag stap Jorsie huistoe met die grondstraatjies van die dorpie Brugstasie, krom en skeef, op en af oor baie bultjies. Twintig oor vyf storm hy die tuinhekkie in, uitgelate soos ‘n kind, want die week se werk is verby. “Ma, ma”, roep hy in die tuinpaadjie af. In die kombuis kyk hy bietjie verbaas rond as hy nie sy ma daar sien nie.

“Hier is ek”, antwoord Ella en stap uit die spens uit. “Ek het net die koeke gebêre wat ek môre moet aflewer.” Sy omhels hom en soen hom op die wang. Soos elke namiddag as Jorsie van die werk af kom, skink Ella vir hulle twee bekers koffie en gaan sit hulle met die blik koekies op die klein huisie se agterstoep. Die spreier op die grasperk suis rustig. Jorsie se posduiwe pronk in die duiwehok. Ella is bly oor die duiwe. Sy is bly dat Jorsie deesdae darem ‘n paar belangstellings het, sy glo dit stimuleer hom.

“Wat beplan jy als vir die naweek?”, vra Ella.

Lees verder hier

DIE LESER


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: