Posted by: mykopop | Sondag 29 November 2009

Soms moet mens jou regop trek…

Diep woorde uit een van my gunsteling liedjies, geskryf deur een van my gunsteling liedjieskrywers.   Die woorde sê vir my ontsettend baie van die onwikkeling van ‘n mens as sy eie mens, onafhanklik van sy ouers.  Dat ‘n kind nie daar is om ‘n ouer se ideale uit te leef nie, maar sy eie.  Tog skemer dit deur dat daar ‘n aansluiting tussen die twee stelle ideale kan wees.  Luister wat se Mynie…

Pa (Mynie Grové)

1)
Pa
onthou jy nog vir Edel?
Pa toe ons saam ry op sy rug
Pa
die liedjies wat jy opmaak soos ons ry
o Pa
daai dae is verby

2)
Pa
onthou jy nog jou briewe?
Pa
Jy was baie lief vir my
Pa
Toe jy doodgaan en jou liedjies agter bly
o Pa
het ek baie swaar gekry

Brug:

Verwyte en besluite
sonder dat ek weet
dat in elke mens se wese
lê die vryheid groot en breed
soms met mens net verder kyk
as wat hier voor jou lê
soms moet mens jou regop trek
en hard jou waarheid sê

Herhaal (1)

3)
Maar Pa
Nou is ek ‘n grootmens
en Pa
ek kan self my liedjies maak
miskien het al my woorde nie die regte lied daarby
maar Pa
ek het klarigheid gekry

(Foto:  TVSA)


Responses

  1. KoP, jy moet die boek Swartskaap van Odette Schoeman lees. Dis nie eintlik ‘n ‘man’ boek nie, maar ek dink dit hoort op almal se leeslysie. In aansluiting by jou inskrywing hier, gaan dit ook oor hoe ouers kinders kan maak of breek.

  2. Weet jy Chris, dis ‘n liedjie wat ek baie lanklaas gehoor het maar noudat ek die lirieke lees, besef ek eers hoe treffend dit is. En mens moet dit meer as een keer deurlees sodat dit kan insink.

    Dan het ek ook ‘n pluimpie vir jou… Twee van jou gedigte is in ons kerk se kwartaalblaadjie (Die Basuin) gepubliseer. Die gedigte is “Sintuiglike dank” en “Geen slaggate”.

  3. Dankie, dankie, dankie vir die liriek van hierdie mooi ou liedjie. Ek het dit gesoek om op my blog te sit toe my pa 80 geword het. En nou gaan ek dit by jou blog “steel” en op my blog post – as jy nie omgee nie. Ek was nog altyd – ek dink van st 6 af – toe hulle nog Mynie en Jan was – ‘n groot fan van haar en haar mooie lirieke. Ek het ook die voorreg gehad om haar so ‘n rukkie gelede te ontmoet. Dis ‘n pragtige liedjie wat my elke keer ‘n knop in die keel gee. Terloops – ek is klaar met 30 Nagte – darem al ‘n geruime tyd. Wow – dis ongelooflik geskryf!!!!

  4. Mynie mag maar!

  5. Dankie vir die woorde van pa dis pragtig

  6. Weet iemand waar ek die volgende liedjies kan kry:
    Pa, ontou jy nog vir Edel – Greta Jones of Mynie Grove
    Skooldae Temalied (Ek is bang vir dinge wat roer) – Clarabelle van Niekerk


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: