Posted by: mykopop | Woensdag 5 September 2007

Die digter is ‘n koei

Prentjies oorgeneem vanaf DBNL

Die digter is ‘n koei

Gras… en verby die weiding
lê ek by my vier pote
my oë en verbaas,
omdat ek nou weer ewe grote
monde vol vreet sonder om te loop,
terwyl ek pas nog loop en vreet het,
ek het seker maar weer vergeet
wat vir ‘n dier ek is – die slote
weerkaats my beeld wanneer ek drink,
dan kyk ek na my kop, en dink:
hoe kom die koei dan onderstebo?
Die hek waarteen ek my skuur
word oud en glad en vetterig op die duur.
Vir paddas en vir kinders is ek sku
en hulle vir my: my tong is vir hulle te ru,
net maar die boer melk my so salig,
dat ek nooit eens dink: wat is hy so inhalig.
snags, in die mis, droom ek gans onbewus
dat ek ‘n kalfie is, wat by die moeder rus.

Vertaal op 18 April 2007 en later bygewerk.
© Afrikaanse vertaling, 2007 – Chris van der Westhuizen

My Nederlands is maar vrot, dus enige voorstelle om my vertaling te verbeter, sal waardeer word. Ek het die gedig die eerste keer raakgeloop op http://poezie.startpagina.nl/. Ek sien dit staan ook by DBNL en daar is die volgende interpretasie van die gedig:

Dit beroemde gedicht van Achterberg wordt doorgaans gelezen als de uitwerking van de metafoor die al in de titel wordt uitgedrukt. De dichter, die vooreerst algemeen (‘De dichter’) met een koe wordt geïdentificeerd, verschijnt in het gedicht als ik, als geïndividualiseerde, sprekende koe, die zich bezint over haar eigen gedrag en haar eigen gedachtengang en die bovendien commentaar levert op de houding van anderen tegenover haar (en vice versa): kikkers, kinderen, de boer.

Hier is die oorspronklike Nederlands:

De dichter is een koe

© Gerrit Achterberg

Gras… en voorbij het grazen
lig ik bij mijn vier poten
mijn ogen te verbazen,
omdat ik nu weer evengrote
monden vol eet zonder te lopen,
terwijl ik straks nog liep te eten,
ik ben het zeker weer vergeten
wat voor een dier ik ben – de sloten
kaatsen mijn beeld wanneer ik drink,
dan kijk ik naar mijn kop, en denk:
hoe komt die koe ondersteboven?
Het hek waartegen ik mij schuur
wordt oud en glad en vettig op den duur.
Voor kikkers en voor kinderen ben ik schuw
en zij voor mij: mijn tong is hen te ruw,
alleen de boer melkt mij zo zalig,
dat ik niet eenmaal denk: wat is hij toch inhalig.
‘s Nachts, in de mist, droom ik gans onbewust
dat ik een kalfje ben, dat bij de moeder rust.

Uit: Eiland der ziel


Responses

  1. Voor zover ik het Zuid-Afrikaans kan begrijpen heeft u een mooie vertaling gemaakt van dit gedicht!
    Ik vind het leuk om vanuit Zuid-Afrika reacties te krijgen…
    Mooie blog – Succes ermee!

  2. Dis nou ‘n oulike gediggie! Die vertaling is ook baie goed gedoen!!

  3. Nou eers gelees. Die vertaling is baie knap gedoen.

  4. Dankie Freddie, ek waardeer jou kommentaar. Dit is wat lekker is van blogs skrywe – om na amper 5 jaar kommentaar te kry op ‘n skrywe!

    Ek weet intussen van beter as om met my beperkte kennis van Nederlands gedigte daaruit in Afrikaans te probeer vertaal. Maar as die uitdaging mens beetpak is dit nie altyd maklik om te laat los nie. Daar is iewers ‘n vertaling wat ek uit Engels gemaak het van McLeish se Ars Poetica, een waarop ek nogal trots is.

    • Jy het dit so knap gedoen dat jy maar kan aanhou. Ek sal metertyd alles lees. Ek is nou net druk besig om aan ‘n referaat te werk vir die Afrikaanse Letterkundevereniging se kongres in September. Dit sukkel maar.

  5. Dit is ‘n vreeslike oulike gedig wat ek baie geniet het. Gaan bietjie rondkrap en jou ander ook lees.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: