Posted by: mykopop | Dinsdag 4 September 2007

Om Te Breyten – Verskeie Kunstenaars

Ek Sal Jou ‘n Leeu Gee


Ek het so ‘n jaar terug eers die CD gekoop en het al daaraan gedink om iets te skryf om dit meer bekend te stel. Toe sien ek gister die foto op Beeld se webwerf. Ek weet ook nie wat maak Anton by die leeu nie.

Ek wil sommer wegval en ‘n ietsie oor elke snit sê.

1. Die maer man met die groen trui.
‘n 10-sekonde aankondiging deur Cobus Robinson. mp3

2. Steve Hofmeyr – Soos Ek Sê
Kan mos nie slegte wysies skryf nie!

3. Jantjie Blom (Anton Goosen) – Ek Sal Jou ‘n Leeu Gee
Anton het vir my ‘n mooi liedjie hiervan gemaak. Ek wonder net hoekom sê Breyten vir sy beminde:
Ek sal jou ‘n leeu gee
‘n Leeu vir Maandag
om werk toe te kan ry
?

4. David Kramer – Ek Issie Klong
Hy kon net sowel die woorde self geskryf het, so pas dit hom!

5. Valiant Swart – Die Nag Is Stout
Mooi.

6. Wouter Van De Venter – Ballade Van Ontroue Beminde
Nie onaardig nie, dalk net nie heeltemal my smaak nie.

7. Johannes Kerkorrel – Aa Mens
Mooi. Meesleurend.

8. Amanda Strydom – Dagreis Vir ‘n Mens
Sy kan mos ook nie eintlik iets leliks mnak nie.

9. Duusman – Die Sterre Is Wurms In Die Heelal
Nie heeltemal my smaak nie, maar eintlik baie goed gedoen.

10. Brasse Vannie Kaap – Gedagtes Van Gedigte
Dromme wat slaan, mense wat praat. Ek dink hulle noem dit rap. Nou nie wat ek musiek noem nie.

11. Paul Riekert – Sin Vir Waardes Hol Mannekyne
Baie interessante stereo-klank van druppels wat in water val. Verder net nog ‘n gepraat op dromme.

12. Laurinda Hofmeyr – Ek Wag In My Hart
Nie lelik nie – Laurinda het net met toonsettings soos Ek Het ‘n Huisie By Die See en Vir ‘n Pepermossie sulke ongelooflik hoë standaarde gestel dat sy amper onmoontlik self daarby kan haal!

13. Piet Botha – Verslag
Al is ek nie ‘n groot fan van Piet nie, dis nogal mooi. Ek luister liewer hierna as na ‘n toespraak van Pik.

14. Mynie Grove – Oun’
Pragtig Mynie, ek sal jou nie ‘n R20 in die hand stop en jou wegstuur nie. Teen die einde gaan dit oor in die finale (Song of Joy) van Beethoven se 9de simfonie.

15. Lize Beekman – Rooiborsduif
Wat kan ek sê, ek het dan al tot ‘n deel 2 oor die gedig geblog. Beslis een van die hoogtepunte van die CD. Ek het ook al twee van Lize se eie CD’s op my blog bespreek.

16. Battery 9 – Klanke
‘n Mooi klank aan die begin, interessante effekte later.

17. Lieze Stassen – ‘n Brief Van Hulle Vakansie
Mooi.

18. Anton Goosen – Om Te Breyten
Ook een van Anton se mooistes. Anton het self lirieke geskryf wat vir my as gedigte staan, maar ek waardeer die paar toonsettings wat hy gemaak het. Ek het nou net die (viniel) plate gaan uithaal. Dit het in 1981 op Jors Troelie (Liedjieboer) verskyn, maar al in 1980 as My Wintervrou op 2de Laan 58. Ek het die plaat in OK in Upington gekoop terwyl Anton besig was om handtekeninge uit te deel in CNA en toe by CNA ingesluip vir die handtekening. (Dit was goedkoper by OK!) Anton het die datum ook geskryf: 6-9-80, oormôre is dit 27 jaar gelede. Dankie Anton!


Die CD het al in 2000 uitgekom. Hier is ‘n ander bespreking daarvan. Dis ‘n projek waar ‘n aantal bekende kunstenaars geleentheid gegee is om van Breyten Breytenbach se gedigte te toonset en te sing op die CD. Ek hoop dat as jy dit nog nie het nie, dit nog beskikbaar is, anders is daar so ‘n vaal plekkie op jou CD-rak.

Hier is Anton se handtekening en nog ‘n poskaartjie wat hy vir my gegee het.



Responses

  1. Ek geniet jou inskrywings oor musiek en gedigte. Jy doen altyd moeite daarmee. Dankie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: