Posted by: mykopop | Saterdag 28 Julie 2007

Die Jazz Waarvan Ek Hou

Soos ek belowe het, toe ek onverwags op die stukkie Jazz op Lize Beekman se CD afgekom het: Die Jazz waarvan ek hou.

As mense vir die eerste keer my CD-versameling sien, is hulle reaksie gewoonlik: Oe, jy’s ‘n verskriklike Neil Diamond fan. Ek ontken dit nie, maar wil net sê daar is baie ander kunstenaars oor wie ek net so mal is, oorwegend in die singer/songwriter kategorie. Die enigste rede hoekom Neil Diamond so uitstaan in my versameling is net omdat hy soveel meer prolific (daar is nie ‘n Afrikaanse woord nie) as die ander kunstenaars was.

The Jazz Singer het die eerste keer in 1927 as ‘n film verskyn met Al Jolson in die hoofrol. Van die fliek sê Wikipedia: its release heralded the commercial ascendance of the “talkies” and the decline of the silent film era. In 1952 was daar ‘n remake van die film, en toe in 1980 die een met Neil Diamond en Laurence Olivier. Ek het dit op DVD gekry, die tegniese kwaliteit is nou nie oorweldigend nie, maar goed genoeg as mens dit weer ‘n slag wil kyk.

Ek is beslis nie ‘n fliek-fundi nie, maar volgens wat ek kan uitvind word dit nou nie juis as een van die grootstes van alle tye gereken nie. Tog dink ek veral die onoortreflike spel van Laurence Olivier alleen maak dit ‘n fliek wat jy minstens een maal moet sien. Neil Diamond se eerste (en dalk laaste) poging tot akteurskap is ook nie te sleg nie.

Hierdie enkele raampie uit die fliek sê dit alles oor die samespel tussen Diamond en Olivier.

Ek wil glad nie te veel oor die fliek sê nie, net vir iemand wat nou nog nooit gehoor het waaroor dit gaan nie – Neil Diamond speel ‘n Joodse kantor Yussel Rabinovitz wat liedjies skryf en in sy vrye tyd saam met ‘n groep in klubs optree. Dit veroorsaak konflik met sy Pa (Laurence Olivier), die hoofkantor en ook sy vrou wat ‘n onderwyseres in die sinagoge is. Die fliek skop af met ‘n optrede in ‘n swart klub, waar die gehoor agterkom dat hy nie regtig swart is nie. Pandemonium bars los, hulle word opgesluit en Yussel se pa moet hom kom uitborg. Later vlieg hy L.A. toe om daar geleenthede te soek om sy sangloopbaan te bevorder. Een van die lekkerste dele van die fliek is nadat hy en sy vriende afgedank word en hulle besluit om maar ‘n party te hou, met hulle musiek. Verder gaan ek nie vertel nie.

Die musiek is, soos die meeste van Diamond se werk, uitstekend. Dit is bietjie na die stadium toe hy nog net alleen geskryf het, van die liedjies is o.a. saam met Gilbert Becaud geskryf. Daar is lekker pret-liedjies soos Acapulco, The Robert E. Lee en Hey Louise. Natuurlike is daar liefdesliedjies: Love On The Rocks, Summerlove en die mooiste vir my, Hello Again. Op ‘n stadium. Op ‘n stadium sing Neil (Yussel) Kol Nidre in die sinagoge. Ek ken nie ander opnames hiervan nie, maar sou sê hy lewer ‘n uiters sensitiewe uitvoering van hierdie lied, heel waarskynlik te danke aan sy eie Joodse agtergrond. Dan is daar nog America – as ek ‘n Amerikaner was sou ek ge-demand het dat dit die Amerikaanse volkslied gemaak moet word!


Dis dan die jazz waarvan ek hou. Klink nie eintlik soos jazz vir my nie, maar hoe’t ou Jan Spies altyd gesê – dis mos nou nie nodig om ‘n goeie storie met feite te bederf nie. Ek sou eerder sê daar is twee ander mooi/lekker liedjies van Diamond wat effens jazzerig klink: Lady-Oh en Surviving The Life op sy Beautiful Noise album.

Daar is nog ‘n stukkie jazz waarvan ek hou, of altans ek dink die sanger was as jazz-kunstenaar gereken. Daaroor praat ek ‘n ander keer.


Responses

  1. Ek is/was mal oor die Jazz Singer – die fliek en die musiek! Ek kan eintlik nie een van die songs uitsonder nie want hulle is almal stunning!


Lewer kommentaar op Kaalvoetkind Kanselleer antwoord

Kategorieë