Posted by: mykopop | Maandag 30 Julie 2007

VERS-LANKING

Ek probeer die naald van die skaal
so min moontlik te laat dwaal
‘skuus tog Koos Doep
dat ek jou rym moet herroep

Minder kos:
minder ek.
Minder ek
benodig minder kos.
Met die sirkelredenasie
kom daar kilotjie’s mos los
van die dierasie?

Draf ek al om die blok
my tam ou lyf tot skok
maar hy bied weerstand
die naald bly dwaal konstant
waar hy dwaal

Wat meer kan ek nog sê
oor minder van my
om hierdie ou versie
nog langer te kry?

© 2007 Chris van der Westhuizen

Klink maar lekker simpel vir my. Hoe’t Boerneef gesê: Hoekom moet hy so inskottel klink?


Responses

  1. Ai, klink soos ek…maar kos is so lekker!!

  2. Ek en die skaal het maar besluit om te ‘agree to disagree’.

  3. Chris, dankie vir jou koement / komtaar op my peuselhappie. Dis lekker om te weet iemand lees jou “verse” – kortes of langes, “all inclusive”.

  4. gie, gie. ek laaik dit!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: