Posted by: mykopop | Vrydag 6 Julie 2007

Lekker Peer Gynt


Party jong mense dink mos dis uncool om klassieke musiek te luister. Toe ek op skool was, was dit weer net squares wat daarvan gehou het.

Laas week toe ons in Upington was stap ons in Musiekhoekie in om te groet en soos gewoonlik blaai ek deur hulle CD’s. Meer as 10 jaar gelede, toe ons nog in Upington gebly het, was daar ‘n reeks Greatest Hits van al die groot klassieke komponiste, waarvan ek wel ‘n paar gekry het – Bach, Mozart, Verdi en Vivaldi. Daar kry ek toe die Grieg in hulle rak. Ek sê toe vir Babsie, “Jong, hoe lank sukkel julle al om hierdie CD te verkoop?” Sy sê, “Nee, hy staan maar nog hier van daardie jare af – daar’s nie so baie mense wat hou van Beethoven se owerspel in Bach se flat nie.” Ek sê toe vir haar ja, dit is maar bietjie harde werk om die mooi goedjies uit te soek, maar hulle is daar.

Nou sit ek op die Vrydagaand na die Grieg CD en luister. Edvard Grieg se twee meeste bekende werke, die twee Peer Gynt Suites is natuurlik daarop, soos op seker twee of drie ander Grieg-CD’s wat ek al het. Peer Gynt is ‘n soort anti-held in ‘n Noorweegse toneelstuk. (Peer is maar die Noorweegse vorm van Pierre). As jy weet daar is mooi klassieke musiek, maar weet nie mooi waar om te begin nie, is Peer Gynt eintlik ‘n baie goeie begin, omdat dit uit redelike kort stukkies musiek bestaan met mooi melodie, bv. Morning Mood was al in graanvlokkie-advertensies gebruik. Anitra’s Dance, In the Hall of the Mountain King en Solvejg’s Lullaby (of Solvejg’s Song) is ook bekend en mooi. Sarah Brightman sing laasgenoemde op ‘n DVD van haar wat ek het. Ek sit ook nou al die ander musiek op die CD en deurluister en baie daarvan is lekker luisterbaar, mens moet hulle maar uitsoek. Jy behoort maklik by enige CD-winkel se goedkoop klassieke CD’s die Peer Gynt suites te kan in die hande kry.

Lyk my hierdie spesifieke CD is nog beskikbaar by Sony. Iets waarvan ek hou op die CD is dat daar darem ‘n bietjie sang ook by is – ek verbeel my amper van die Peer Gynt opnames wat ek al gehoor het is net orkes, ek het bietjie lank laas daarna geluister.

Op skool het ons Afrikaans-onnie eendag van die Afrikaanse skrywers gepraat en gesê, hierdie ouens het maar elkeen een of ander “kraak” gehad, hierdie een was te lief vir die bottel, ens. ens. Met die klassieke komponiste was dit maar baie dieselfde. Hulle was die pop-sterre van hulle tyd. Ek het nou bietjie gaan soek, maar kry geen geraamtes in ou Edvard se kas nie, net goeie dinge, sy vrou Nina het glo ‘n mooi stem gehad en van sy liedere gesing. Al wat ek kan kry is dat die tekening van hom op hierdie CD darem baie na Prof. Einstein lyk, en ek hoor die prof. was ‘n ou bok!


Responses

  1. Ek is gek oor Peer Gynt…is die Anitra’s dans daarop? Ek het met die kinders hier in London hom gedoen…die grot tonele…die musiek vir hulle gespeel oor die trolle en hulle het ‘n storie geteken…en toe wys ek hulle op die internet die eintlike ding…daar is ‘n Britse radiostasie wat die animasie het…search bietjie onder Peer Gynt…ek kan nie onthou watter ene nie, maar jy behoort dit te kry…hulle het nogal gedink dis “cool”…en ‘n MP het die dag in my klas gestap toe ons die storie teken, hy was nogal beindruk toe hy Peer Gynt se naam sien, maar ek glo nie hy het geweet van die ou nie! hahaha…

  2. Ja Nikita1, Anitra’s Dance is beslis op die CD. Ek het vinnig op Google gesoek vir “Peer Gynt” en “animation”, ek sien daar is goed op YouTube, sal nog bietjie kyk. Kan jy onthou watter radiostasie dit was?

  3. Dis ‘n Britse radio stasie, ek het gewonder of jy al hom gekry het, sal bietjie nou vir jou kyk…iets soos Radio 3…ek kan nie presies onthou nie…

  4. http://www.bbc.co.uk/radio3/makingtracks/peergynt.shtml

    hier is hy!! ek het net Peer Gynt en Radio 3 ingetik toe kry ek dit! geniet dit

  5. Hi! Video on Youtube! I posted it on my blog!

  6. jammer vir die Engels met die vorige inskrywing!! Ek is nou so deurmekaar met die gedurige Engels hier…:)) in elk geval Anitra’s dance is daar ook en Solveig’s song en n paar ander, maar ek het nou net die 2 waarvan ek hou gepos…luister maar op youtube na die ander …as jy wil…

  7. very interesting, but I don’t agree with you
    Idetrorce


Lewer kommentaar op Nikita1 Kanselleer antwoord

Kategorieë