Posted by: mykopop | Saterdag 7 Julie 2007

07/07/07

01/01/01
02/02/02
03/03/03
04/04/04
05/05/05
06/06/06
07/07/07 Enigiets so spesiaal?
08/08/08
.
.
12/12/12
dan breek die reeks omdat daar net 12 maande in ‘n jaar is.

Dit lyk asof party mense verskriklik baie waarde het aan die datum van vandag. Gerieflikheidshalwe word vergeet van die 20 voor die 07, en dat dit maar net gebaseer is op ‘n menslik uitgedinkde almanak-stelsel wat ook al partykeer gebriek of versnel moes word.

Die nuwe 7 wonders van die wêreld is bekend gemaak, maar word ook hewig betwis. ‘n Earth Concert om mense bewus te maak van aardverwarming is ook gehou. In beginsel is ek baie daarvoor, sommer op enige datum.

Lyk asof party mense ook ‘n godsdienstige waarde heg aan die datum, want 7 en 3 is mos albei heilige getalle in die Bybel.

Gister het ons ‘n vergadering by die werk gehad en die volgende een geskeduleer vir volgende Vryday, die 13de. Een van die kollegas vertel toe hulle het eenkeer vanaf Melbourne in Australië gevlieg op Vrydag die 13de na die VSA, die tydgrens oorgesteek en weer op Vrydag die 13de daar aangekom. Toe besef hulle ook hulle het in ry 13 in die vliegtuig gesit en niks het gebeur nie!

Nee wat, vir my was dit net nog ‘n Saterdag, ek het ‘n klomp boomtakke afgesaag, genoeg vir ‘n klein trokkie. Ek is vrek moeg en wonder nog net hoe ek die takke gaan wegkry.


Responses

  1. Ek stem! Dis alles in mens se kop!

  2. Ai, ek het skoon vergeet van 070707.
    Ek het ook nie engige bygelowe oor spesiale datums nie. Maar datums soos hierdie herinner ‘n mens net weer dat ons maar die beste moet maak van elke dag. So ‘n datum(soos enige ander eintlik) kom nie weer verby nie.

  3. Onder deur ‘n leer loop is nie vir my ‘n probleem nie. Ek glo nie in daai dinge nie. Welkom KopOp’nB!

  4. Baie dankie vir die welkom, roertjie.

  5. Hi. Kan jy my sê hoe ek myself kan publiseer, en waar ek kan aanklop vir hulp om ‘n CD te maak. Ek het R27000-00 verloor met die maak van ‘n CD, waar mense my ingeloop het. Ek het nie meer finansies vir ‘n opname nie. Ek weet die liede sal ‘n treffer wees want ek het dit al op feeste gesing en die mense het dit baie geniet en gevra waneer kom my CD uit. HELP ASSEBLIEF!!

  6. My geloof is in God en Sy seun Jesus Christus en nie in allerhande bygelowe soos datums ens.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: