Voortaan sal ek hierdie Nikon D3200 gebruik om foto’s te neem en te deel. Dis wat ek gedink het toe ek besig was om allerhande dinge te probeer met die nog effens onbekende instrument, en later voor die spieël beland het.
Maar sedert Laurika Rauch se album “Die Gang” in 1992 verskyn het, sou die woord “voortaan” voortaan nooit weer dieselfde wees nie! Nooit sal ek weer die woord “voortaan” kan hoor, lees of gebruik sonder om te dink aan die liedjie Vir ‘n Pepermossie (woorde deur Willie van der Merwe, musiek deur Laurinda Hofmeyr), wat so begin
Voortaan sal ek winterskemer vleilangs loop
en droë takkies van geraamtestruike stroop…
Dis nogal lekker om dit te hoor
By: Laurinda Hofmeyr on Maandag 26 November 2012
at 16:03
Ek is sommer jaloers! 😉
By: boerinballingskap on Woensdag 28 November 2012
at 10:33
Lekker kliek!
By: kyker on Vrydag 11 Januarie 2013
at 13:03