Posted by: mykopop | Maandag 12 November 2012

Bloudruk

Dit gaan druk met my op die oomblik by die werk.  En by die huis is ek ook soos gewoonlik besig met ‘n hele paar dinge gelyk.  Laas naweek het ek bietjie verveeld in ‘n CD-winkel rondgeloop en die CD van Johannes Kerkorrel teen ‘n afslagprys raakgeloop.  Ja, het ek gedink, ek het nog geen CD’s van hom nie en wil graag al sy CD’s versamel, en dit gekoop.

Soos ek gewoonlik maak, aangesien ek min tyd kry by die huis om te luister, het ek dit in my kar gesit.   Ek het intussen net so tot by die vierde snit gevorder, want dikwels wil ek nog die nuus ook eers hoor en ek ry gelukkig nie baie lank werk toe en terug nie.  Hierdie naweek het ek die CD se houertjie uit die kar gehaal om dit verder in die huis te luister, maar toe later agtergekom die CD sit nog in die karradio.

Vanmôre in die kombuis hoor ek Cobus Bester sê Johannes Kerkorrel is vandag 10 jaar oorlede.   Hy het toe “Hillbrow” op die lug gespeel. Toe gaan vat ek die CD-houertjie en sit dit ook weer in die kar.  Dit was toe mooi amper 7-uur en op pad werk toe het ek eers die nuus ens. geluister.

Onder die afdakke by die werk het ek toe weer na die snitte begin kyk.   Onder die eerste vier was daar twee grotes: Halala Afrika en Somer.  Verder het ek tot dusver nie eintlik name gesien wat vir my bekend was nie.  Toe sien ek die tweede laaste snit is Hoe Ek Voel, en ek herken dit van ‘n CD van Amanda Strydom.  Ek het dit gesit en luister, en was hartseer dat ons hom so gou moes verloor.  Jammer dat ander mense se vooroordele en veroordeling daartoe gelei het dat ons so ‘n talentvolle bydraer tot ons liedjieskat so vroeg moes verloor.

hier kom die somer, die son
hier kom die somer, die son
dae soos heuning
warm en lou

branders rol in by die see
branders rol uit by die see
en hoog in die lug
dryf die meeue rond

ons kan gaan sit by die karosel
onder ‘n sambreel al die skepe tel
later gaan ons ver oor die wit sand loop
en kyk as die son sak in die blou see


Responses

  1. My jongmensdae is deurspek met die ou se musiek.

    • My seun het in sy rebelse jong dae na Johannes K gaan luister en nou eers in sy dertiger jare vir ons daarvan vertel. Ons was verkrampte streng ouers, maar later jare het ek, nadat ek JK se musiek gehoor het, so baie daarvan gehou dat dit van my gunsteling musiek geword het. Ek het JK se nuut uitgereikte CD gekoop en hou veral baie van HIllbrow.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: