Net vir die rekord – volgens Google sien ek nie dat iemand bg. titel al gebruik het nie. Dit is dus myne. Ek wil so ‘n liedjie skryf. Met die woord “vonkpos” in, en dit opdra aan oom Fanus, wat die woord uitgedink het.
Die liedjie moet ook terugreik na my kinderdae, toe my ma haar familiebriewe in ‘n reghoekige tjoklik- of koekieblik gebêre het. Briewe wat ons skelm gelees het as my ma en pa dorp toe was. Dit, vs. hoe families deesdae deur die internet kontak behou.
Laat 'n boodskap