Posted by: mykopop | Donderdag 30 Augustus 2012

Raspberry Pi vir jou?

As ‘n mens nou selfone ook as rekenaars klassifiseer, seker nie die kleinste rekenaar wat daar is nie, dalk wel die kleinste waaraan jy ‘n sleutelbord en muis kan koppel, en ander USB toestelle, met ‘n HDMI kabel na ‘n skerm of TV.  Die bedryfstelsel (Linux) word op ‘n SD geheuekaart gelaai.  Krag word deur ‘n selfoonlaaier verskaf.

Die ouens wat hiermee vorendag gekom het, het op rekenaars soos die Commodore 64 en die BBC Micro grootgeword, en reken dat gewone rekenaars nie die ding is om vandag se kinders aan die programmeer te kry nie.   Kyk by http://www.raspberrypi.org.

Ongelukkig is dit nie baie beskikbaar op die oomblik nie, ons moes eers ons name op ‘n waglys sit, so 9 weke gelede is ek laat weet ek kan bestel, en gister het ek myne gekry.  Die aanvraag is eenvoudig te groot. Hulle sê $25, maar op de ou end het dit my so tussen R400 en R500 gekos.


Responses

  1. Ek was by ‘n ICT konferensie die 30/31 Julie. Daar het ek ook kennis gemaak met Raspberrypi. Daar is soveel programme wat selfs laerskoolkinders mee kan ‘rondspeel’ om te leer van programmering. Jy sal ook verbaas wees om te hoor dat hulle selfs – ja in laerskole, afhangende van die ICT Onderwyser natuurlik! – ook met Apshed werk. Ek verstaan jou opgewondenheid oor Raspberrypi.🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: