Laas week was al my drinkwyn op, weens ‘n gebrek aan geld en alherhande dinge wat my tyd opvreet sodat ek nie kans kry om by die wynwinkels uit te kom nie. Vrydagaand het ek in my rak vir bêrewyne gaan soek, ek dink toe ek hou nie eintlik van Merlot nie, en ek weet daar is ‘n paar bottels Merlot wat ek ‘n paar jaar gelede gekoop het, almal maar teen redelik bekostigbare pryse, om die rak te probeer volmaak. Let wel probeer, want dis ook iets wat nooit gebeur nie.
Om een of ander rede kies ek toe hierdie een. En wat ‘n verassing! Ek dink partykeer is dit net ‘n magiese oomblik van suikers, ensieme, tanien, sure, minerale en proeknoppies wat almal in die regte verhouding en toestand bymekaar kom. Ek wens ek kon wyne beskryf. Die enigste woorde waaraan ek kan dink om die een te probeer beskryf is “mellow” en fluweel.
Ek het die botteltjie tot Sondagmiddag vertroetel, dit het heel goed gehou met ‘n vakuumproppie op. As ek nog van hierdie oesjaar kan kry, koop ek sowaar weer Merlot!
Bly jy’t dit geniet…en dis al wat saak maak, nie al die gevleuelde woorde nie. Soms verras ‘n goedkoper wyn mens en dan klop mens jouself op die skouer. 🙂
By: boerinballingskap on Woensdag 13 Junie 2012
at 13:26