Posted by: mykopop | Sondag 4 Maart 2012

Hobby-X 2012

Ek kan dit amper nie glo nie, ons woon nou 15 jaar in Gauteng en gister was dit die eerste keer dat ons by hierdie uitstalling in die Coca-Cola Dome uitgekom het. (Omtrent op my voorstoep.)

Modelvliegtuigies.   Ek is al van kindsbeen af geïnteresseerd, en eendag as ek groot is gaan ek nog een hê!   Ek het gehoor een van die lede van die publiek praat met ‘n man met ‘n rooi hemp en grys hare wat een van die was wat die stalletjie beman het. Die persoon wys toe na die groot houtraamwerk en sê, “O, so daardie een is ‘n regte vliegtuig?”  “Ja”, sê meneer rooi hemp, “maar hierdie een is ook ‘n regte vliegtuig!”, terwyl hy na een van die heel klein skaalmodelle wys.

Mecano… darem een ding wat ek op my dag ook al gedoen het.  Ons het net nooit genoeg stukke gehad nie. Beslis nie genoeg stukke gehad as ek hier kyk nie!

Elektriese treintjies het ons nooit gehad nie, ek en my broer het een Kersfees elkeen ‘n treintjie wat opwen gekry, met ‘n ronde stukkie spoor.   Ek het altyd gedink dis ‘n stokperdjie wat ek nog sal aanpak, maar ek dink nou nie meer so nie.

‘n Mooi klavier bly maar mooi om na te kyk!

Die ouens wat gemaak het dat ek die ekspo bywoon:  Netram Technologies van Natal.   Nadat ek onlangs ‘n Arduino mikroverwerkerbordjie by hulle bestel het, het ek op hulle webwerf gesien hulle gaan ‘n stalletjie hê.  Ek het toe nie nog elektroniese onderdele by hulle gekoop nie, maar wel ‘n blik Protoplastic (thermoplastic)  om prototipe houers vir my elektroniese katoeters te probeer maak.  Ook sommer by Technoresin ‘n houer silikon en katalisator gekoop om vorms te maak waarin ek die plastiek kan giet.

En die gadget wat ek by Netram gaan wen omdat ek iets by hulle gekoop het!


Responses

  1. wow, lyk interessant!

  2. Dit lyk nou na ‘n lekker plek om te gaan rondsnuffel.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: