Posted by: mykopop | Maandag 12 September 2011

Anderkant Nêrens Se Mense – Babette Viljoen

Ek het so ‘n paar maande gelede op YouTube op hierdie splinternuwe liedjieskrywer-sangeres afgekom. Ek dink hoe dit eintlik gebeur het, is dat ek ‘n jaar of twee gelede ‘n poging aangewend het om Antjie Krog se gedig “Ma” te toonset en wou weet of iemand anders dit ook al probeer het. Wel, Babette Viljoen het, en het haar goed van haar taak gekwyt, luister hier.

Hierdie toonsetting, asook een van ‘n Ingrid Jonker-gedig en talle van Babette se eie liedjies vorm deel van die vertoning Anderkant Nêrens Se Mense wat ook in Oktober by Aardklop te sien sal wees.

Die vertoning bestaan uit kort vertellings deur Babette, afgewissel met bypassende liedjies. Die vertellings is geskryf deur Pierre-André Viviers. Die storietjies is meestal komies, of komies met ‘n traan.

Dit lyk nie asof ek hierdie jaar by Aardklop gaan uitkom om die vertoning te sien nie, ek het toe Babette se rooster begin dophou, onlangs was sy in Alberton, toe het ons ‘n familiegriep gehad. Ek het darem toe my kans gekry die afgelope naweek, toe sy by die kunstefees van Laerskool Kenmare in Krugersdorp opgetree het. Sommer die CD gekry ook.

Babette begelei haarself op die klavier, toe ek haar gesien het,  is ‘n bietjie perkussie en agtergrondsang deur Ingemari Loots verskaf.

Kyk solank die musiekvideo. En sorg dat julle kaartjies kry vir Aardklop!

My beste slegte selfoon-foto van Babette(regs met Ingemari op die verhoog. 


Responses

  1. Ahaaaaa! Bly jy kon eindelik die vertoning sien. Was aangenaam om te ontmoet! Hoop dié kop op die blok lok ‘n “flock” mense! Groetnis, B

  2. EK stem saam! Sy’s die beste….


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: