Posted by: mykopop | Sondag 28 Augustus 2011

The Piano Cemetery @ Boekehuis

Ek kry gereeld uitnodigings van Boekehuis in Melville na hulle boekepraatjies.   Partykeer is dit effens interessant en gaan ek maar net uit nuuskierigheid om te luister en te sien.  Maar met die woord ‘piano’  in die titel en die feit dat daar in hulle binnegoed gekrap word, het hierdie week ek uitnodiging onmiddelik my volle aandag gehad.

Die skrywer,  José Luís Peixoto, is Portugees en sy werk word in tot 20 ander tale vertaal, een van hulle gelukkig Engels.  Daar is dink ek al so twee ander van sy novelles beskikbaar en hy het ook op ‘n jong ouderdom ‘n digbundel geskryf, wat nie vertaal is nie.  In sy prosa het hy ‘n baie poëtiese manier van skryf.

Die boek gaan oor ‘n familie skrynwerkers wat ook soms aan klaviere werk en ‘n groot vertrek vol ou klaviere het wat “vir parte gestrip word.”  In die eerste hoofstuk kom ‘n sterfte en ‘n geboorte voor.  Die skrywer het ons vertel dat dit outobiografies is, maar die res van die boek is suiwer fiksie.   Die kamer vol ou klaviere het blykbaar ‘n dieper betekenis wat ek nog self eers moet ontdek.  Dan gaan die storie ook oor ‘n marathonatleet wat tydens die Olimpiese Spele (1912 dink ek) dood is.

Die boek is beskikbaar in sagte en hardeband. Ek het bietjie laat opgedaag enwou graag een kry om te laat teken.  Daar was toe net ‘n paar hardeband eksemplare oor, waarvan  ek toe die heel laaste een gekry het.

Dit was toe ook ‘n groot voorreg om ‘n skrywer van hierdie kaliber vir ‘n minuut of twee te ontmoet.  Ek het hom ‘n bietjie van myself vertel, toe skryf hy vir my voor in die boek:  For Chris, this novel, where I hope you”ll find music and silence (also necessary). Al the best, José Luís Peixoto, Johannesburg 27 Aug 2011.

My tipe skrywer, my tipe boek!  Laat ek verder lees!


Responses

  1. Dit LYK sommer lekker!

  2. @Maankind: Ek is seker jy sal dit ook geniet, ek hoop net dis oral beskikbaar!

    Ek is seker ek het gisteraand ingetik wat hy vir my geskryf het, sien nou dit het net verdwyn! Ek het dit weer gedoen, hoop dit sal nie te veel moeite wees vir WordPress om die paar lettertjies net op hulle plek te hou nie!

  3. Lyk interessant!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: