Posted by: mykopop | Woensdag 24 Augustus 2011

Chateau Libertas – nog iets wat was?

Ek is nog van altyd af nostalgies oor botteltjies.  Toe ek nog ‘n kind was het ons ‘n oom en tannie geken wat ‘n versameling botteltjies in hulle sitkamer gehad het, o.a. ‘n sg. bloubottel, die bottel waarin hulle as kinders kasterolie gekry het.  Deur die jare moes ek ook afskeid neem van ‘n paar botteltjies.  Vicks lyk nie meer presies soos dit gelyk het nie.  Eno’s se bottel dink ek is kleiner en lyk ook nie meer dieselfde nie.  Phillips Milk Of Magnesia het weens sanksies teen apartheid verander na Phipps, en die bottel van glas na plastiek.  Help my met hierdie lysie!

So stap ek anderdag by die hipermark  se wynafdeling in om ‘n paar botteltjies by mekaar te probeer maak.  Ek sien toe om my ou bekende vriend Chateau Libertas se nek hang ‘n mooi kaartjie wat sê, “Our Chateau’s about to have a makeover but the wine will stay the same.”  Nou soos ek sê, hierdie is ‘n ou vriend, waarna iemand met die statuur van Leon Rousseau na verwys het in sy boek Die Groot Avontuur.”  Dink ek toe by myself, “as hier nou ‘n skroefprop by hierdie makeover betrokke is, word ‘n goeie vriendskap baie vinnig vir ewig geruïneer.”

Die botteltjie het vroeër vanaand aan die beurt gekom en my toe weer aan die saak herinner met sy fancy das.  Ek het toe gou gaan kyk en tot my verligting is dit net die etiket wat gaan verander.  Die wynmakers het mos almal deesdae so ‘n rympie van voordele van ‘n skroefprop wat hulle aframmel, waarteen ek vir omtrent elkeen ‘n teenargument het.  Gelukkig is die makers van goeie ou Chat Lib een van die wat glo daaraan om hulle kliënte te gee wat hulle wil hê.

Hulle sê die volgende: “We are keeping the cork closure. The pleasure of uncorking a bottle of Chateau Libertas is still very much a part of the experience for many South Africans. The style of the wine is also being retained.”

Hoor, hoor!


Responses

  1. Ek stem, skroefproppe is gagga! Dis eintlik jammer dat Old Brown ook nie gekurk is nie. Ek hou van OB’s, maar dis darem lekker om ‘n goeie bottel Nuy rooi muskadel te ontprop en lug te gee voor mens dit nuttig! My kroeg is vol bierbottels – 90% van hulle is nog vol, verouder en van heinde en verre. Dis nogal snaaks hoe net byvoorbeeld Castle se bottels oor die jare verander het. Het jy geweet dat Deense bier in plastiek bottels kom met so afskil-proppie met ‘n lus aan? Ek is nog steeds mal oor sommige duitse bier – nie vir die bier self nie, maar vir daardie klamp-proppe soos Grolsch.
    Cheers!

  2. Ja botteltjies is eintlik baie fasinerend. Die mense wat ernstig is oor die botteltjies het waarskynlik ‘n argeologiese streep weg, want hulle doen navorsing waar ou asgate is en loop grou daar vir hulle allerande botteltjies uit. Verstommend wat alles daar uitkom.

  3. Osbloed ! Chateau Libertas was die eerste rooiwyn oor my lippe. Van daai dag (Die gaan ek nie vertel nie) is ek mal oor rooi wyne. Ekt het nog ‘n 1994 bottel Chateau wat stof gaar oppie rak.🙂

  4. Deesdae se proppe wil nie eers met ‘n fensie oopmaker oopmaak nie. Ek is VIR die skroefdop!

  5. O, ek is maar net lief vir die wyn van die druif. Die mense wat dit maak het ‘n gift from God and I love the taste of wine.

    I am not very practical, so ek sukkel met die kurkproppe. . . for that I need one of my handymen… xxx

    Druiwe is ook lekker, so oor Desember en Januarie is die beste tyd om druiwe te koop hier in Lourmarin.

    Saam met lamsvleis en olyfbrood met sterk kase is wyn ook net heerlik en dis so ontspannend om wyn te drink.

    Wyn is ‘n geskenk van die gode en die goedkoopste wyn es die heel lekkerste.

    Chopin met wyn is ook heerlik op Sondae agtermiddae. My ouma het geen wyn gedrink. Net Witdulsies en Boegoe Brandewyn, gin wonner sy es an haar hart dood. Dalk het sy na haar wereld daar by Kakamas verlang. Wie weet wat hulle als op daai werf van hulle gegroei het. Haar broer, my oor oom Uncle Conroy het wel met diamante gesmokkel.

    Perskes is wat hulle gedroog het. Gedroogte heel perskes. Heerlik so om aan te suig en ook gekook met stroop en dik vla. Weet nie hoekom my liefste oumatjie geen wyn gedrink het nie. Dalk daai soet kak met nag maal. So saam met die naster gal konfyt. Ek kry die ouma nogal jammer. Sy het gin clue gehad nie. Groot swart pot het sy gehad vir skaaptjoppies en pap. Heerlik en altyd twee tjoppies gaargemaak vir haar hondjie ook.

    My ouma het ‘n tweelingsussie gehad met die naam Annie. My ouma is na aan my gedagtes vandag. Mag haar siel in vrede rus en ek drink my vrydenkers glasie witgroenwyn op haar vandag. Ouma! Mag jy vir ewig in vrede rus.

    Dit bring my terug na die gedagte van kurkproppe. Hulle dobber altyd weer op mos. Kurk.

    Wat is kurk? Niks sinteties deesdae surely?

    Kurk is vesel nes wyn.

    Is dit hoekom?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: