Posted by: mykopop | Donderdag 12 Mei 2011

Die gewildste gedig in Afrikaans?

Volgens ‘n rubriek in Rapport, deur Antjie Krog, geplaas in 2002, is die bekendste gedig in Afrikaans is dalk Muskietejag van A.D. Keet.   So twee jaar gelede op Versindaba het Bernard Odendaal weer gereken dis dalk “Ek het ‘n huisie by die see” van H.A. Fagan, nadat Laurinda Hofmeyr dit getoonset het en Laurika Rauch die liedjie bekend gemaak het.

Ek sien toevallig gisteraand die grafiek van by blog se statistieke, en dit lyk of die grafiek ‘n ander storie vertel!

8 Mei 2011.  Moedersdag.  Verdere ondersoek na die statistiek vir Vrydag die 6de wys dat talle websoektogte soos “Moedersdag versies” en”Wat is ‘n Ma?” mense na my blog gelei het.  In 2008 het ek bietjie gedink oor die gedig “Ma” van Antjie Krog.  Ek het twee inskrywings geplaas,  eers “Wat beteken Ma vir jou” en daarna “Wat Ma vir my beteken“, waarin ek my eie gedagtes oor die gedig weergegee het.  Dit lyk asof die meeste mense net tot by die eerste een kom, waar ek ook die gedig self ingesluit het.

So afgesien van die bekendste gedig in Afrikaans, wat dink julle is die gewildste gedig in Afrikaans?


Responses

  1. Ek dink winternag is die een wat almal ken en op skool van geleer het_ ek weet net nie of die jong kinders van vandag nog die gedig en die geskiedenis leer nie. Wat van lisa se klavier of word dit nie erken as gedig nie?

  2. Ek dink Muskietejag is nogal wyd bekend, wat van Waghondjies. Ek het iemand op my blog gehad wat my spesiaal bedank het vir Muskietejag. [hele ruk terug]. Maar dan praat ons ook van ‘n sekere ouderdomsgroep as jy praat van ‘gewild’ of ‘bekend’. Het kinders 10 jaar na MY nog Muskietejag geleer? en daarna? Ek wonder of mens huidiglik kan praat van die ‘gewildste’ gedig, behalwe as jy praat van ‘n sekere tydperk. NP van Wyk-Louw se gedigte en dan ook ‘Dans van die reen’ moet nie vergeet word nie. ‘Geil lusern in die laagste landjie….’ hoe kan ek dit vergeet van St 4 af?🙂

    • Ek het nou net na statistieke gekyk vir 8 Mei op my blog, ek het ‘n Engelse inskrywing met die Afrikaanse gedig van Eybers: Die Vrou. Ek het oor die 400 klikke op daardie link op die spesifieke dag gehad. Die soektogterme was 61 vir ‘Moedersdag gedigte’ en dan was daar twee ander, ‘gelukkige moedersdag’ en ‘moedersdagwense’ wat getalle oor die 20 gehad het. [dis nou buiten die Engelse terme wat ook gebruik was]. Ek weet nie of al daardie terme na die spesifieke link gelei het nie. Dit was nou net interessant om te kyk.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: