Posted by: mykopop | Sondag 3 April 2011

Neil Diamond in die FNB Stadion

Hoe nader die konsert gekom het, hoe meer het ons begin wonder: waarin het ons onsself begewe?  Ons het rillers gehoor van mense wat konserte op die FNB stadion bygewoon het en 4-uur die volgende oggend by die huis gekom het.  Ons het begin navraag doen, maar al wat ons op Big Concerts se webwerf kon wysraak, was dat mens parkeerkaartjies of kaartjies vir vervoer by Computiket kon koop.  Die Park ‘n Ride opsie het amper aanloklik begin klink, maar teen R80 per persoon wou ek weet wie verkoop die diens en neem verantwoordelikheid, maar dit kon ek nie uitvind nie.

Ons het toe ‘n parkeerkaarjie gekoop vir R50 en is 4-uur die namiddag by die huis weg.  Die parkeerterrein by Nasrec het toe heel anders gelyk as die teerblaaie wat ek myself voorgestel het.  Nee, dis grasperke met bome en mense was lekker besig om daar te kuier en te braai.

Die hartseer saak van so ‘n konsert is natuurlik dat die kunstenaar maar so groot soos ‘n mier daar voor lyk. So nou en dan as mens deur ‘n verkyker kyk kan jy darem bietjie meer sien.  Die FNB stadion is pragtig en lyk sommer na ‘n plek waar groot visuele dinge kan afspeel!

Hier is die lys van liedjies wat Neil vir ons gesing het:
Soolamon
Beautiful Noise
Love on the rocks
Forever in blue jeans
Play me
Hello again
Cherry Cherry
Shilo
Solitary man
Glory Road
Ain’t no sunshine
I’m a believer (4 keer, eers as balade en toe 3 keer die rock-weergawe!)
You don’t bring me flowers
Crunchy Granola
Sweet Caroline (3 keer)
Holly Holy
Hell Yeah
Cracklin’ Rosie
Brother Love’s Traveling Salvation Show

Elkeen was natuurlik maar teleurgesteld oor ‘n hele lysie  liedjies wat hy nie gesing het nie.  Die feit is ongelukkig dat hy soveel treffers gehad het dat hy onmoontlik almal kon gesing het.

Neil Diamond het daardie vermoë om ‘n skare op te sweep, veral met die twee liedjies wat hy ‘n paar keer herhaal het.  Dit was omtrent ‘n ondervinding om die skare van 52 284 mense te sien opstaan, arms swaai, hande klap, dans en saamsing.

Na die tyd het dit ons darem net so oor die twee ure gekos om uit die stadium, uit die parkeerterrein en by die huis te kom.  Eintlik moet ek sê dis jammer dat daar nie mense aan diens was om die verkeer uit die parkeerterreine te reguleer nie, want die maar die gevolg as almal probeer gelyktydig ry, kan niemand ry nie.  Vir al die R50’e kon die organiseerders minstens daardie uitgawetjie gemaak het.
Of dit die moeite werd is om so ‘n konsert by te woon met gemiddelde kaartjies van R450  wat ons gekoop het, of om liewer sy DVD’s te kyk, daardie vraag kan ek nie vir jou antwoord nie!


Responses

  1. Ek dink dis die R450 werd, net om die atmosfeer te ervaar en LEWENDIG daar te wees!🙂

  2. Son, ek hoop jy het ‘n kaartjie vir Kaapstad! Onthou hy is 70 – dit sal heel waarskynlik nie weer gebeur nie.

    Wat ek vergeet het om te sê: Hy het na die applous vir een van sy liedjies “Dankie” gesê – hy is dalk meer oopkop oor S.A. as ene Meneer Andre Rieu wat glo weier om “die taal van die onderdrukker” van die verhoog af te gebruik. Ek wonder net hoe het hulle die woord vir ou Neil geleer? Dung Key?🙂

  3. Ek stem saam dat mense na so ‘n stadium gaan vir die ‘ervaring’, meer as om die persoon self te sien. Jy sal darem kan se, “Ek was daar!”🙂 Jy het my lekker jaloers, want ek is ‘n groot aanhanger van ND – het byna [LW: byna] al sy musiek [baie op kasset in SA] en darem sy CD’s saamgebring. Ek’s bly om te sien dat hy darem ‘die taal van die onderdrukker’ gepraat het. Ek is net vies dat hy so lank geneem het om na SA toe te gaan. – hy was seker ook destyds deel van die groep ‘boycotters’ – hoop nie so nie. Nou is ek sommer baie negatief teenoor Andre Rieu…sal nie meer sy musiek luister nie. lol Jou skildery is baie goed hoor! Ek laaik daardie blik-‘kitaartjie’. Laat my weer terugdink na die plaas.🙂

  4. Dankie Nikita, ek moet nog so ‘n paar verfstrepe daar trek, ek het omtrent gespook om dit teen Saterdag so ver te kry dat ek kon voorgee dis klaar.

    Korreksie, iemand het my die naweek gesê dat Andre Rieu glo nou wel Afrikaans gepraat het, ek het dit nou gegoogle en sien dit is wel so: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Andre-Rieu-groet-gehoor-in-Afrikaans-20110321 Is dit dalk maar net geld wat nou praat?

    Ek dink ND was een van die boikotters, maar ek dink die ander rede hoekom hy nooit S.A. toe gekom het nie was seker maar vir sy eie sekeuriteit. Ek sou ook nie graag soos John Lennon wou uitvind, o, hierdie “fan” het eintlik ‘n ander afspraak met my gehad nie.

    Mens kan hom, en Andre Rieu ook in alle regverdigheid, nie kwalik neem dat hulle nie eintlik verstaan wat hier aangaan nie. Ons self het nie eens met hierdie mense se kastige “nie-rassigheid” verstaan wat hulle daarmee in gedagte gehad het nie!

  5. Dankie vir die link! Ek dink dit was bloot oor die geld en niks anders nie. Sies vir hom.

  6. Stigtingsdag vandag!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: