Ek dink jy wou nie ryk wees nie
net maar genoeg hê om te gee
want van waboomblare en gnarrabosblare
het jy alles af geweet
Oor hoeveel koppies koffie
het jy jou ronde kop gesit
en stut en hamer
om vir ons plesier te fabriseer?
Jy had geen huisie by die see nie
maar daar vanaf jou kliptroon
het jy Victoriabaai vir ewig
vir jou ma in goud gedoop
Was dit uit die sproeireën van ‘n nartjie
of was dit uit kaneel
of het jy anderkant die blouberg
jou hartjie-liefie-droomvrou gaan haal?
Jou beeld nou ‘n verflenterde foto
in ‘n skewe, versplinterde raam
maar jou liedjies bly as bewyse
van die feit dat jy eens hier was
Die Here het gaskommel
die dice het reg geval vir ons
want die verlore stukkie
het jy vir ons laat pas
© Chris van der Westhuizen 2011
Verwysings na ander digters:
C.Louis Leipoldt
Breyten Breytenbach
H.A. Fagan
D.J. Opperman
Koos du Plessis
Adam Small
Chris, pragtige gedig en ‘n waardige huldeblyk aan Lucas.
By: boerinballingskap on Sondag 20 Februarie 2011
at 8:40
Dankie. Dis SO mooi!
By: toortsie on Maandag 21 Februarie 2011
at 10:02
Stem saam met Boer dit is ‘n baie mooi huldeblyk!
By: Alta on Dinsdag 22 Februarie 2011
at 12:09