Die Party wil sy piepols laat wemel
in die stad van goud genaamd Hemel
maar kom hulle tog daar
sien daai hemelse skaar
nou’t die pleknaam verander na Memel!
© Chris van der Westhuizen 2011
Ek moet bieg, ek was nog nooit op Memel in die Vrystaat nie. Die enigste ander rymwoord wat ek egter kon kry was ‘semel’. Dit sou nogal ‘n ongelukkige mengsel gewees het as ek dit sou gebruik het!
Wow!
Dis baie snaaks – ek wou vandag nie eers probeer om aan my kollegas te verduidelik waaroor ek lag nie.
By: alleman on Woensdag 9 Februarie 2011
at 22:29
Ek stem! Goed gedoen!
By: boerinballingskap on Vrydag 11 Februarie 2011
at 11:39
Dankie Alleman en Boer, ek waardeer julle kommentare.
By: mykopop on Sondag 20 Februarie 2011
at 6:30
Dankie vir die deel hiervan. Dis nou goeie kommunikasie!
Groete
By: johann vanderwwatt on Donderdag 5 Mei 2011
at 15:08
Dankie vir jou kuier Johann! Jou spotprente is net soveel meer professioneel, ek wens ek kan eendag ‘n limeriek maak saam met een van joune.
By: mykopop on Saterdag 7 Mei 2011
at 13:42