Posted by: mykopop | Sondag 6 Februarie 2011

Se maai, laat waai – Richard Branson

In die kleinerige boekie, met die onderskrif ‘lewenslesse’, vertel die miljardêr baie oor al die ondernemings wat hy in sy lewe aangepak het.  Een van sy eerstes was om op ‘n stuk grond boompies te kweek om as kersbome te verkoop, maar hase het die stamme afgevreet.  (Dit klink my hy en sy maat het toe maar ‘n paar pond uit haaspastei probeer maak!) Sy eerste werklike onderneming was ‘n tydskrif met die naam ‘Student’.  Daarna het Virgin Music gevolg.  Hy vertel ook van sy avonture, bv. met warmlugballonvlugte, waar hy soms gelukkig was om met sy lewe daarvan af te kom.  Hy vertel hoe sy lugdiens eintlik gebore is toe hy saam met ‘n klomp ander passasiers op ‘n eiland gestrand was nadat die vlug nie kon plaasvind nie.  Hy het toe ‘n vliegtuig gehuur en by die ander passasiers die geld gekollekteer om daarvoor te betaal.

Eintlik is die boek niks anders as ‘n motiveringsboek nie.  Volgens hom, as jy voor ‘n keuse te staan kom om iets te doen of liewer nie, is dit in die meeste gevalle die regte besluit om dit wel te doen. Heelwat positiewe beïnvloeding kan reeds geput word net uit die inhoudsopgawe: 1 Doen dit net! 2 Geniet dit 3 Wees dapper! 4 Stel vir jouself uitdagings 5 Staan op jou eie bene 6 Lewe in die oomblik 7 Waardeer familie en vriende 8 Betoon respek 9 Doen goed.

Die Afrikaanse weergawe, vertaal deur Arjen Harm, het toevallig in my hande beland.  Alhoewel ek dink dis ‘n goeie vertaling, met miskien ‘n krapperigheidjie hier en daar, sou ek as ek kon kies dalk liewer die oorspronklike Engelse weergawe (Screw it, lets do it) wou gelees het.  Watter een ook al jy verkies, dis ‘n baie positiewe en vinnige leeservaring.  So as jy dalk lus het om maar nog weer ‘n keer jou eerste miljoen te probeer maar, lees dit gerus!


Responses

  1. Die inhoudsopgawe van die boek – soos jy tereg se^ – kan reeds ‘n goeie bron van positiewe energie wees!! Dankie vir die inskrywing… dit gee my ‘n lekker rede tot positewe denke…

  2. O dis so mooi als! x


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: