Posted by: mykopop | Sondag 23 Januarie 2011

Sarah de Jager (1928 – 2011)

Foto: Rapport

LIRIEK DEUR JAN DE WET

1)

By Myl 61 ja daar draai jy af
en dan vat jy die pad na die see
Hier lê die visplek van Sarah de Jaer
aan die Weskus van Namibië
Sarah de Jaer was so sterk soos ‘n bees
met haar viskêps en kakiebroek
Om haar te sien visvang is vistermansfees
want die visse baklei vir haar hoek

Koor:

Sarah, Sarah de Jaer
Hierdie visplek van jou
is vol vet kabeljou
en die steenbras en galjoene laat waai
aan die kus noord van Henties baai

2)

Die manne die dop en die brandewyn skop
en die son brand en vreet jou lyf
Die streepsak raak vol maar katrolle bly rol
en die lyne staan almal styf
Hier het ou Sarah die manne geleer
hoe ‘n visstok ‘n boog moet staan
Met stok in die maag teen die duin retireer
kom die vet visse blinklyf aan

Herhaal Koor

Sarah, Sarah de Jaer
Sarah, Sarah de Jaer

3)

Vanaand as die son in die branders gaan slaap
en die koue sak toe oor die kus
Dan sit die manne by die vure en gaap
en hul spog oor die grootste vis
Maar Sarah de Jaer spook die hele nag deur
in die droom van ‘n visterman
want hier langs die Weskus is daar niemand meer
wat ‘n knewel soos sy kan vang

Herhaal Koor 2x

Sarah, Sarah de Jaer
Sarah, Sarah de Jaer

Ek dink ons is groot dank aan Jan de Wet verskuldig, in die eerste plek dat hy ons aan hierdie legendariese karakter voorgestel het, en tweedens vir ‘n wonderlike liedjie wat altyd soos ‘n baken in ons liedjieskat sal bly staan.  Ek kon nêrens die liriek volledig op die internet opspoor nie, miskien is die wel iewers, maar ek kon nie anders as om die liedjie deur te luister en die liriek hier te plaas nie.  Ek hoop Jan de Wet en sy uitgewers sal my oorsien, siende dat hierdie liedjie volksbesit is!

Rapport het vandag berig, Die ‘visvangvrou van Hentiesbaai’ sterf en gesê dat sy gister oorlede is.

Lees gerus ook ‘n berig in Beeld van 2008, Sarah de Jager – ‘n Vissermanstorie, waarin genoem word dat sy tydens ‘n onderhoud aan Willemien Brummer gesê het:

“Eers die dag as die Oubaas my kom
haal, dán vang
ek nie meer nie . . . Maar op sal
ek nie maklik hou
nie. Nee, as ek op
Henties is, vang
ek elke dag.”



Responses

  1. Dankie vir die nuus! Ek moet hierdie links opvolg en save.

  2. Haar woorde aan Willemien was so waar. Sy het vis gevang tot die kanker haar plat gehad het. Lank sal sy onthou word en ek glo as ek gaan vang staan sy by my. Van Lodwyk haar oudste seun visvang maat en vriend

  3. Wat ‘n pragtige lied, en watter pragtige mens moes hierdie Sarah nie gewees het nie….. Dit klink asof sy ‘n eenvoudige lewe gely het, iets waarvan ek sou gehou het.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: