Posted by: mykopop | Donderdag 6 Januarie 2011

Te klip om te kou?

“Te klip om te boom”, het D.J. Opperman mos geskryf.  Klippe bly maar interessant, en die afgelope vakansie het ek ‘n paar klippe raakgeloop wat amper eetbaar gelyk het!

By Tietiesbaai, naby Paternoster:

Lasagne? (Hierdie foto wys darem ook ietsie van die pragtige natuurskoon.)

 

‘n Pannekoekflop?

Kenhardt-omgewing in die Noordkaap:

Lekker vrugtekoek?

 

‘n Gekookte eier vir padkos?

 

Beeslewer?

 

Meat loaf?

 

En iets wat nog ver van gaar af is!

Herkou solank hieraan, as ek tyd kry sal ek nog ‘n paar foto’s oplaai van die mooi plekke waar ek was!

 


Responses

  1. Daai beeslewer een lyk vir my eerder na ‘n brulpadda – kyk mooi!

    • Jy is heeltemal reg Jan, as mens inzoem sien jy die poreuse tekstuur van oopgesnyde lewer, maar as jy nou weer die “artist’s squint” ding doen sien jy ‘n ding wat jy nie naby jou mond wil hê nie!

  2. Nou wonder ek net of jy dalk honger was toe jy hierdie foto’s geneem het “:wink:
    Pragtige foto’s van pragtiger plekke.

    • Anna ek wou my weeg voor die vakansie, maar die skaal se batterye was pap, so ja, ek was maar versigtig heeltyd met ‘n etery!

  3. Baie mooi/oulik! Daardie vrugtekoek lyk vir my ook soos ‘n amperse draakkop [nekgedeelte links] met langerige tande, maar ek kan jou vrugtekoek ook daarin sien! My kinders gaan begin om ‘n Afrika mite/legende te skryf en ek het net vandag vir hulle verskillende weergawes van Tokeloshe gewys. Ek het soveel idees/videos/foto’s ens al bymekaar om ‘n lekker lywige storie uit hulle te pers, maar nou gaan ek jou dalk vra of ek een of twee van joune ook kan leen – dis als net om idees vir hulle in hul koppe te plant, die kinders het nie idees nie, kreatiwiteit ontbreek hierdie land se kinders in die ergste graad.🙂 Dankie byvoorbaat! o ja, gepraat daarvan, ek het gisteraand op ‘n “rainbul” afgekom, nie geweet ons het ‘n rainbul in SA nie, nou weet ek ook ietsie meer. – daar was selfs ‘n seel uitgegee oor die rainbul!

    • Ek het dit ook gesien, Nikita! (Hmmm, sê hy nou na ek hom gesê het, hoor ek jou sê!) Maar ek moes maar stilbly daaroor, want hierdie inskrywing moes gaan oor goed wat ek kan eet, nie goed wat my wil eet nie.

      Jy is welkom om enige van hierdie te gebruik as jy kan, solank jy die hek-rots van laasjaar maar liewer uitlos. Dankie weer dat jy my help aan die gang kry het met daardie storietjie. Ek soek nog steeds net geskikte Nama- of San-name vir die 3 karakters, maar ook so dat Westerlinge dit darem kan uitspreek. Ek het by die Bleek-Lloyd versameling begin kyk, maar dis lywig en handgeskrewe, hoop ek kan dit hierdie jaar gedoen kry, dan wil ek dit as ‘n klein boekie sommer self laat druk en vra of die mense by die winkeltjie daar di nie vir my wil verkoop nie. En die Reënbees kom natuurlik ook van die mense af, lees maar Versamelde Boesmanstories 1 van Von Wielligh!

  4. Chris! Jy ken my sleg as jy dink ek sou dit gedink het lol! toe ek dit lees [voor die hakies, het ek NIE eers daaraan gedink nie] Nee, die heksrots gaan ek nie gebruik nie, ek het baie mooi foto’s so ‘n paar dae terug op ‘n blog gekry en daar toestemming gevra…iewers in die Kaap geneem, maar gaan kyk na die link. Daar is ook van die BBC een wat Heinemann opgelaai het – baie oulik wat ek def gaan gebruik, want dis gemik op hoe ons in die skole die goed gebruik…hier is die Vrystaat Duiwel-een.🙂 geniet dit!

  5. Dankie, oulike video!

    • Kop. het jy dalk die antwoorde op die vrae wat ‘n persoon by my “happy new year” inkskrywing kom los het – oor gedigte ens. Dankie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: