Posted by: mykopop | Dinsdag 7 Desember 2010

Die Ontwaking – Anoeschka von Meck


Die beskrywing van Essie Wiese se sorgvrye kinderdae, waarmee die boek begin,  bevat interessante inligting oor die era.  Op universiteit ontmoet sy Dennis en dit lyk of sy omtrent ‘n volmaakte toekoms saam met hom tegemoet sal gaan.  Dit word egter vir haar ‘n pynlike ondervinding wat die helfte van die boek in beslag neem.  Terwyl sy in ‘n sanatorium vir TB behandeling ontvang, knoop sy haar tweede verhouding aan met Leibrandt.  Dit is egter kortstondig van aard.  Sy word gesond van TB maar weens ‘n eetsteurnis is sy tot die dood toe siek.  Sy kom by Cornelius “Cosmo” Valkenburg de Villiers-Dreyer uit wat haar behandel, o.a. met ‘n dieet van net vrugte en sade.  Hulle trou later en begin ‘n sentrum waar hulle siek mense met geen hoop behandel.  Dis egter nie lank voor Cosmo te sterwe kom nie.  Later begin sy skryf, o.a. aan haar boek Leef van Vrugte.  Sy trou later met T.O. Honiball.

Die skrywer dramatiseer die verhaal baie kunstig, die dialoog wat natuurlik meestal opgemaak moes word is heel geloofwaardig.  Die karakter van merkwaardige mense soos Cosmo de Villiers-Dreyer, T.O. Honiball en Tannie Essie self dra by om dit ‘n merkwaardige boek te maak.

Aan die negatiewe kant, die skrywer loop partykeer loop dinge vooruit en verbreek sodoende die illusie dat mens besig is om ‘n roman te lees. (Bv. op bl. 177 kon Essie tog nie vooruit weet dat dit ‘n jaar en ‘n half sou aanhou nie.)  Essie se godsdienstige mymeringe hou in ‘n paar gevalle vir bladsye aan.  Daar is ongewone godsdienstige idees, met soms te ooglopende pogings van die skrywer om hierdie idees en die genialiteit van die karakters te promoveer, sien ook die losstaande Deel 2, waarin wel baie positief is, maar beslis nie bydra tot die dramatisering nie.  Ek het ook ‘n paar dinge gesien wat ek as logika-, spel- en taalfoute beskou.

Soos ek reeds gesê het, ‘n merkwaardige boek, met baie positiewe beïnvloeding tot ‘n lewe met ‘n skoon liggaam en gees.  Solank jy nie heeltemal daarteen gekant is om jou godsdiens saam met jou fiksie in te kry nie, behoort jy dit as ‘n positiewe en aangename leeservaring te ondervind.


Responses

  1. Hi Chris, sal jy dalk belangstel om ook by ons aan te sluit by http://boekensie.wordpress.com ?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: