Posted by: mykopop | Sondag 28 November 2010

Prente by ‘n uitstalling

Ek het vroeër in hierdie jaar gewonder presies hoe lank word olieverfskilderye al op doek gemaak.  Interessant genoeg het ek ook uitgevind een van die heel bekendste skilderye, die Mona Lisa, is op ‘n houtpaneel, nie op doek nie. Dit lyk vir my in Sjina is die kuns van die doek miskien al heelwat ouer, maar aangesien die Oosterse kuns vir ons bietjie vreemd is, het ek gesoek en die oudste westerse Olie op Doek skildery waarvan ek ‘n afbeelding op die internet kon opspoor was die Madonna en Kind (1410) van Jean Malouel, oftewel op sy regte Nederlandse naam, Jan Maelwael.

2010 kan dus beskou word as die jaar waarin die skilderdoek 600 jaar oud is, wat die geskiedkundigheid van FIFA se besoekie aan S.A. sommer heelwat kleiner laat lyk!

Dit is ook die jaar waarin ek besluit het om self bietjie met kwaste en verf te begin speel.  Met hierdie 600-jaar landmerk, miskien glad nie so ‘n slegte jaar om in te begin nie!   Na 10 maande voel ek maar nog steeds soos ‘n beginner.   Die kunsjuffrou hou jaarliks ‘n uitstalling vir haar studente, so het ek darem ook ‘n kans gekry om my poginkies te wys.  Hier is ‘n foto waar my prentjies in die saal gehang het,  ongelukkig was daar 2 ander skilderye in die foto, voor die het ek maar elektroniese gordyntjies gehang.

Tot my eie verbasing het ek 8 goed gehad om uit te stal, maar een daarvan is ‘n potloodskets wat ek ongeveer in 1977 gemaak het en nou saam met die res laat raam het.  Daar is een nuwe skets (conté-kryt), die 2010-landsvlag is in akriel en die ander 5 in olie.  Ek sal miskien mettertyd foto’s van almal op ‘n blad sit en vertel waaroor elkeen gaan.

Al die jare loop ek met die titel van Mussorgsky se suite vir klavier, Pictures at an Exhibition, soos dit in Engels bekend staan, in my kop, maar besef nou eers ek het nie ‘n opname daarvan in my CD-versameling nie.    Ek het darem ‘n plek gekry waar mens dit kan aflaai: die Piano Society. Dit was ook interessant om te lees hoe Mussurgsky deur die uitstalling  na die dood van Victor Hartmann, van meer as 400 van sy skilderye, geïnspireer is om hierdie suite te komponeer.


Responses

  1. Baie beindruk met jou paintings! … jy kan sowaar trots voel! Ek sien uit na wanneer jy elkeen apart post en vertel daarvan…

  2. Dankie Woorde! Miskien is dit nog ‘n geval van “mooi van ver, maar ver van mooi af!” Maar dis maar my eerste jaar, volgende jaar probeer ek beslis weer.

  3. Jy is beslis ñ man van vele talente. Pragtig.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: