Posted by: mykopop | Sondag 21 November 2010

Ballet 1

The Nutcracker se première in die Staatsteater Vrydagaand was vir my nou weer ‘n nuutjie.  Ek dink vroeër jare toe die SAUK nog gereeld klassieke musiek ens. gewys het,  mag ek dalk ‘n ballet op TV gesien het, maar dit was die eerste keer dat ek dit in lewende lywe ervaar het.   Ek het nog altyd van Tchaikovsky se balletmusiek gehou en het gou gespring vir kaartjies toe ek van die ballet in die Staatsteater te hore gekom het.

Soos gewoonlik het ek die nalees oor die stuk weer tot op die nippertjie uitgestel en gevolglik die storie nie heeltyd gevolg het nie.  Ek dink amper ek is bereid om die hele maand elke aand daar te gaan sit tot ek dit volg! Die musiek is baie mooi, ek wens net mens kon ‘n DVD kry met meer as een “camera angle” waarop jy ook na die orkes kan kyk. Ek het darem pousetyd net vinnig in die orkesput gaan afloer.

Die dansers was puik, so ook die kostuums en decor.  Gaan kyk gerus as jy kan, dis so ontpannend!  En vat die kinders saam, ek kon hoor dat die kinders daar dit baie geniet.


Responses

  1. Jy was omtrent bevoorreg! Ek hou van die “Sugarplum fairy”-wals. Ek sal die ander moet opkyk, weet nie of ek al die musiek kan onthou nie, maar sover ek weet, is dit mooi. Ek hou van baie van Tchaikovsky se musiek en moet erken dit lanklaas geluister.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: