Posted by: mykopop | Saterdag 2 Oktober 2010

Dit Klop!

Ons was eintlik nie van plan om hierdie jaar Aardklop toe te gaan nie, maar toe hoor ek Dinsdagaand op die radio van die uitstalling Skilder met woorde 2 , (sien ook op Facebook)waar ‘n aantal skilders gevra is om elkeen saam met ‘n digter te werk.   Ek besluit toe op die ingewing, ek van Donderdag af,  ons was 9-uur daar en kon die namiddag heel tevrede terugkom.

Ons kon een musiekvertoning kies om by te woon, weens die beperkte tyd en die feit dat ons van die kunstenaars redelik onlangs gesien het, het ons keuse op Lize geval.  Haar vertoning, saam met Skilder met woorde was vir my die 2 hoogtepunte.  Nou spog ek darem ook met ‘n hele paar foto’s van haar wat ek self geneem het!

By die Alumnisaal is ‘n hele aantal visuele kuns uitstallings.  Hierdie is die van Pauline Gutter by die ingang.  Haar skilderye is baie groot, met ongelooflik baie detail in die gesigte.

Die Volksmoeder.

Ingrid Winterbach se “Portrette en ander weergawes” was ook baie mooi, hierdie foto deur die venster afgekyk!

In die foyer van die Sanlam Ouditorium was die werke van die Spier Contemporary 2010 kompetisie te sien.  Veral die van Rudolph Tshie het my beïndruk.

Angus Taylor is die feeskunstenaar, hierdie groot grasbeeld is by die Botaniese Tuin te sien.

Nog een daarvan.

By die Hoofgalery op die kampus was nog van Taylor se beelde te sien, party net ‘n paar klippe wat opmekaar gestapel is, darem met ‘n voet of ‘n kop wat handgemaak is. Hierdie een is koolstofstafies wat op ‘n bord geplak is.  Ek kan nie onthou nie, die prys is ‘n hele paar duisend rand.  As jy dink dis dik vir ‘n daalder moet jy sy Beton in Staalraam vir R28000 sien!

Saam met die houtskoolwerk hierbo het ek  ‘n foto van hierdie beeld van die deur van die galery af gesteel.

Ons het ook spesiaal na ou Snowflake koringmeul gery om die werke van Bettie Cilliers-Barnard wat volgens SAUK-nuus uitgestal sou word, te sien.  Daar was toe net een van haar, die Staande Naakt wat onlangs onthul is.


Responses

  1. Ek is so bly ons het wel gegaan. Lize se sang was fantasties en ek stem saam dat sy en Skilder met woorde die hoogtepunte was! Dankie!

  2. Dankie vir al die mooi vb’e van die kuns van Aardklop… nou kan ek ook voel ek het ‘n inloer daar gehad…
    Ek hou die meeste van Ingrid Winterbach se werk en ook daardie van Angus Taylor!
    Lize Beekman se musiek en woorde is beslis tops!
    My ‘kunsjuffrou’ Marriana Booyens het ook uitgestal daar – het jy dalk van haar werk daar gesien? Sy is oorspronklik van daardie omgewing.

  3. Dankie dat jy dit met ons deel. Ek wens ek kon daar wees!

  4. Party mense is so diep kunsinnig, alles wat hulle aanpak slaan jou asem weg. Beslis ‘n gawe van Bo.

  5. Dankie vir die deel!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: