Posted by: mykopop | Sondag 12 September 2010

Evita Skitter In Johannesburg

Ons het die musical gisternamiddag in die Pieter Toerien-teater in Montecasino gaan kyk.  Aangesien ons nie sulke watwonderse stedelinge is nie, was ons bietjie verward oor die teater, ons het vroeër vanjaar The Musicals Unplugged gesien in die Pieter Toerien Studio Theatre en later Grease in die Montecasino Teatro.   Omdat ons geweet het hoe piepklein die Studio Theatre is, was ons teleurgesteld toe ons uitvind dis in die Pieter Toerien, maar wees nie bevrees nie, dis dit Pieter Toerien Main Theatre, weliswaar kleiner as die Teatro, maar miskien meer intiem.

Die verhoog is nie so groot nie, maar by tye het ek omtrent 20 spelers getel, wat saam met ‘n paar ekstra effekte maklik die illusie van ‘n skare wek.  Hulle bereik met eenvoudige props heel treffend die gewenste atmosfeer, bv. aan die begin word swart sambrele gebruik vir ‘n begrafnistoneel, later was daar ‘n toneel waar die verhoog amper donker is en almal met kerse verskyn.  Interessante dinamika word ook aan dans- en rondbeweegtonele gegee deurdat ‘n gedeelte van die verhoog in die rondte kan draai.

Wat die sang aanbetref wil ek graag glo dat die produksie nie ‘n millimeter vir oorsese produksies hoef terug te staan nie.  Vir Angela Kilian as Eva gee ek 11 of 12 uit 10!  Vir Kenneth Meyer as Che wil ek nie meer as 8 of 9 uit 10 gee nie, eerstens het hy nie vir my die regte voorkoms vir die karakter nie, en dan maak sy stem dit vir my plek-plek ook nie.  James Borthwick as Juan Peron kry 10 uit 10, sy sang was voortreflik.  Vir Anton Luitingh as Magaldi gee ek ook nie meer as 7 uit 10 nie – sy stem is vir my nie sterk genoeg vir On this night of a 1000 stars, soos ek aan Magaldi gewoond is nie, hy doen egter baie beter met Eva Beware Of The City, ‘n “sagter” lied.   Vir Lynn Thompson as die Mistress, wat ongelukkig net die een liedjie solo sing, gee ek ook net 7 uit 10, alhoewel sy dit baie mooi sing is haar stem vir my bietjie te klein vir die liedjie  Another Suitcase In Another Hall.  Die ensemble wat die lied van die aristokrasie (Things have reached a pretty pass When someone pretty lower class, Graceless and vulgar, uninspired, Can be accepted and admired) sing, verdien ook spesiale vermelding, ek glo nie ek sou dit van die plaat kon onderskei nie.

Oor Another Suitcase in Another Hall  is ek bly dat hulle nie die kommersiële besluit van die 1996-fliek nagevolg  het nie, waar Eva (Madonna) i.p.v. die Mistress die lied gesing het .   Die lied You Must Love Me, wat spesiaal deur Andrew Loyd-Webber en Tim Rice vir die fliek geskryf is, is wel ingesluit.   Aangesien ek die 1976-plaat omtrent uit my kop ken, dink ek van die koorgedeeltes is ook nuut of anders, ook volgens die fliek (wat ek net een keer gesien het) neem ek aan.

Ek weet niks van dans nie, maar vir my was dit puik, daar was veral so ‘n lang maer man met lang krullerige hare wat hy soms in ‘n poniestert vasmaak wat spesiale vermelding verdien, ongelukkig kon ek nie sy naam opspoor nie.   Die agtergrondmusiek was ook goed, alhoewel ek dink dit was vooraf opgeneem, mens kon nooit iets van ‘n orkes te sien kry nie.

Evita hou nog tot 17 Oktober aan,  of daar nog kaartjies is weet ek nie, maar jy sal spyt wees as jy dit mis! Daarna begin dit op 8 November in die Theatre on the Bay in Kaapstad.


Responses

  1. Ek het jare terug 2 kaartjies vir Evita gekoop – toe besluit die kerel hy wil nie gaan nie, daar sit ek toe, ken nie regtig toe veel ander mense om my [op daardie stadium] om saam te vra nie! het daardie kaartjies NOU NOG in my besit! Ek moet dit een of ander tyd gaan kyk!

    • Wat ‘n skade! Kom maak gou ‘n draai hier in SA, beter gaan jy nie kry nie.

  2. Dis ‘n baie nice resensie, gaan kyk of ek dalk nog daar kan uitkom!

  3. Skitterend!!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: