Posted by: mykopop | Donderdag 9 September 2010

Kul jou hier, kul jou daar

So in die eerste week van die sokkerwêreldbeker glip ons vir ‘n week weg Noordkaap toe.  Maar die storie begin eintlik verder terug.  Ons het laasjaar September twee jong hondjies gekry, Dexter en Maxie.   Toe kom Maxie ‘n paar weke voor ons vakansie op hitte, hopeloos te jonk vir ‘n ongewenste swangerskap.  Dexter moes vir ‘n paar weke in die voortuin boer terwyl sy agter bly.  Maar na hulle groot genoeg geword het om sleepwaens se kabels af te byt was die voortuin eintlik my groot sleepwa se staanplek.  Die skuif dus uit tot voor die binnehek darem nog agter die elektriese hek, sodat Dexter in die voortuin kan bly.

Die Saterdag het ons teruggekom van vakansie af, die ou skedonkie, Daisy, uit die afdak langs die garage gehaal en sommer voor die garage gelos, ons het baie vertroue in die elektriese hek gehad.  Die Sondag was ons steeds nie lus om die groot sleepwa te skuif sodat Daisy op ‘n meer veilige plek kan geparkeer word nie.  Dus bly staan Daisy maar voor die garage en ek sal sommer Maandag met haar werk toe ry.  Toe ek Maandagoggend uitkom staan die hek oop en Daisy is baie weg en die elektriese hek half oop.

Die polisie is natuurlik dadelik uitgeroep en ‘n versekeringseis  ingesit, ook uitgevind dat ons nie veel gaan kry nie, baie minder as wat Daisy vir ons werd is.  Ook bied iemand ander stoe vir my ‘n veel beter karretjie te koop aan en ons begin reëlings tref vir die koop daarvan.  Maar wil jy meer, die Donderdag bel die polisie:  Daisy is teruggevind, ons moet haar in Chamdor gaan haal.  Ook nog in een stuk in ‘n rybare toestand, net die lekker nuwe radio is weg, die spaarwiel is weg, battery omgeruil met ‘n onbruikbare battery en die ratslot en rathefboom is gebreek.

Na ‘n dag of wat staan Daisy dus weer in die erf voor die huis, maar nou moet daar plan gemaak word dat hulle haar nie net weer kom haal nie.  Ek val toe by van ‘n kontrepsie wat ek saam met my kar gekry het.  So lyk hy:

Dit word om die koppelaar- en rempedale vasgesluit, met ‘n pen wat onder die petrolpedaal deursteek.  Daar is twee plekke waar jy slotte kan aansit, een van hulle binne-in die kontrepsie as hy toe is, ek besluit toe dit sal mos die moeilikste wees vir hulle om die slot daar te breek.  Dit was toe ‘n gesoek na ‘n slot, toe val ek by daar lê ‘n Rabbit-slot, seker uit die 60’s of 70’s, in Oupa Krisjan se trommel.

Intussen het ons tog maar die ander kar gekoop, maar om hom deur die toets te kry moes die “CV-joints” gewerk word.  Dus word Daisy benodig die ogggend om die een te gaan haal wat die kar garage toe vat.  Dit was natuurlik my werk om die kontrepsie te gaan afhaal.  Haastig op pad werk toe ook net gou alles ingebring.  Die aand is die kontrepsie natuurlik weer sorgvuldig toegesluit.

‘n Paar dae later, toe ons darem weer met Daisy wil ry, daar is die Rabbit-slot se sleutels soek!  Vir ‘n paar dae moes Daisy toe maar staan, want verdomp, ek gaan nie Oupa se Rabbit-slot breek nie.  Tot daar op ‘n dag ‘n plan in my kop uitbroei.  ‘n Paar minute later stap ek die huis binne, kontrepsie hoog in die lug met die slot nog aan.  Hoe het jy die reggekry, wil almal weet.  Nee, sê ek, het julle nie gesien dat Martino daardie jare twee soliede koperringe wat deurmekaar is uitmekaar getrek het deur net te sê, “Kul jou hier, kul jou daar” nie?  (Die waarheid was, ek het besef dat die ding eintlik vir ‘n groter voertuig gemaak is.  Ek het die rubbers van die pedale afgetrek en hom toe losgestoei.)

Nog steeds het ek geglo die slot se sleutels sal eendag uitkom.  Maar intussen was die kontrepsie natuurlik onbruikbaar.  Ek begin toe op die internet navorsing doen oor hoe ek ‘n slot kan oopmaak sonder ‘n sleutel.  Daar is sommer baie, as jy belang stel, soek net na die lêer Lock_Picking_Ebooks_Collection.rar.  Is ek nie bang om sulke inligting verder te versprei en dat dit dalk in die verkeerde hande kan val nie?  Nee wat, daardie tipe elegansie moet jy nie van ons Suid-Afrikaanse skelms verwag nie.  Breek is meer hulle styl.

Net so minder as twee weke later het ek toe een aand die slot opgekry.  Hier is die slot hieronder met my tuisgemaakte gereedskap.  Die sleutels is nog steeds soek!


Responses

  1. Briljant!

  2. Sjoe, wat ‘n kontrepsie! Bly om te sien jy blog weer!

  3. @Blertus, dankie man!

    @Nikita, ek blog darem nog heel tyd… so af en toe oor ‘n boek wat ek gelees het! Nee, dis nogal jammer dat die Afrikaanse blogbeweging eintlik omtrent doodgeloop het, maar ek wou al voor dit ‘n webwerf begin waar ek kan skryf, maar toe blogs kom en ek kan dit verniet doen was dit net ‘n manier om dit te doen, so as ek tyd kry en iets het om oor te skryf sal ek skryf.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: