Posted by: mykopop | Woensdag 4 Augustus 2010

Amper my mense – Dot Serfontein

Hierdie is ‘n heruitgawe van ‘n boek wat reeds in 1974 verskyn het.  Die skrywer het dus op daardie tydstip nog die voorreg gehad om met mense te kon praat wat kinders, of selfs grootmense was tydens en voor die Anglo-Boereoorlog.

Ek het een redelik breedvoerige resensie gekry, geskryf deur Salomi Louw (Emeritus Professor).  Sy skryf beter oor die boek as wat ek ooit kan droom om te skryf, maar gee miskien vir my te veel weg oor die verhaal waar ek dink die titel van die boek vandaan kom.  Nogtans sonder sy dieselfde drie verhale in die boek uit wat ek ook wil uitsonder.

Mens moet onthou dat die boek nie fiksie is nie, of grotendeels dan nie fiksie is nie.  Baie van die verhale is dus fragmentaries weens allerhande anekdotes wat daarin vertel word.

Die eerste verhaal in die boek wat vir my werklik van waarde was as storie, is die verhaal Basie.  Oor Basie, haar man se boelterriër, sy en Basie se botsende persoonlikhede wat tog mekaar as waardige opponente erken. Die verhaal Ella, Ella, Ella is eintlik drie verskillende verhaaltjies oor drie verskillende vroue, waarvan elkeen mens met ‘n effense traan in die oog laat. Die laaste verhaal in die boek is een van daardie waar die skrywer as jong boervrou in die nag haar verkluimde hoenders tot die lewe probeer terugbring met die hulp van die oond en ‘n skottel warm water.

Vir die res bestaan die boek hoofsaaklik uit kontreiverhale oor die dele van die Vrystaat  waar sy grootgeword het en waar sy saam met haar man gaan woon het.   Baie inligting is hier opgesluit oor o.a. die ontwikkeling van die Afrikanerbees,  konsentrasiekampe,  boere as krygsgevangenes in ver lande ens.  Die verhouding tussen boer en bywoner word byvoorbeeld uitstekend beskryf soos ek dit seker nog nooit vantevore gehoor het nie.  Aangesien sy van die dinge self beleef het, of ten minste regstreeks verneem het van mense wat dit deurgemaak het, maar vir my die boek van onskatbare waarde.


Responses

  1. Lekker om hierdie refleksie van jou te lees oor die Dot Serfontein boek. Ek is op die punt om met haar “Vrypas” boek te begin en sien baie uit.
    Agter op “Vrypas”: “As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam”

    • Hi Woorde, ja, ek dink ek het probeer deurskemer dat hierdie boek dalk nie elkeen se koppie tee is nie, maar van Vrypas verwag ek heelwat meer, volgens wat ek daaroor gelees het bevat dit meer universele waarhede of filosofie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: