Posted by: mykopop | Sondag 27 Junie 2010

Springgety – Chanette Paul

Ek dink nie ek sou dit ooit oorweeg het om hierdie boek te koop nie.  Nie dat ek nie spanningsverhale lees nie – daar staan ‘n paar van Deon Meyer op my rak, waarvan ek nog nie almal gelees het nie, ek hou hulle vir rustige tye – ek lees spanningsverhale as ek regtig wil ontspan.  So noem dit chauvinisme as jy wil.

Chanette Paul skep ‘n interessante omgewing waar die verhaal afspeel, ‘n klein plekkie iewers nie te ver van Hermanus nie, met die naam Kruisbaai.  Die naaste dorp is Niemandsdorp, boonop wemel die omgewing van mense met die van Niemand.   Die hoofkarakter, Lily, kom kort na die begin van die verhaal tuis op Kruisbaai in ‘n ou dubbelverdiepinghuis met die interessante naam, Die Visvrou.  Ook is daar ‘n uitstaande rotspunt oor die see, genaamd Springklip, waar al ‘n hele paar mense hulle dood tegemoetgegaan het, gewoonlik is dit nooit bekend of dit ‘n ongeluk, selfmoord of moord was nie.  Die spanning word hoog gehou deur die raaisel, of die mense vermoor is en hoe die moorde inmekaar vervleg is.

Sy kleur haar verhaal in met interessante, kunstige mense.  Lily se oorlede tante, Maja de Weerdt: ‘n skilder.  So ook Ben Brink se swaksinnige broer Kassie.  Ben Brink self en sy oorlede pa, Braam: meesterargitekte.  Blanche van Wyk, die eerste een wat die val van Springklip af oorleef: digteres.  Al hierdie aspekte wat die boek interessant maak getuig van ‘n skrywer met ‘n groot altemene kennis op ‘n menigte gebiede van kuns tot sielkunde, of wat navorsing doen as haar kennis op ‘n sekere gebied te kort skiet.

Die verskeidenheid word aangevul deur ‘n paar interessante byspelers:  Die speurder Gys Niemand, die jong konstabel Fortuin en sy ma Delphine wat vir omtrent almal op Kruisbaai huiswerk doen en dus omtrent alles van omtrent almal weet.  Lily se eks-man se nuwe verloofde wat Lily die Vaalfeeks gedoop het.  Maja de Weerdt se oorlede man, ‘n teoloog, maar ‘n koue, harde mens, ens. ens.

Die skrywer slaag daarin om mens aan die wonder te hou,  omtrent enigiemand kan die moordenaar wees, selfs die hoofkarakter.  Sy hoef wat my aanbetref nie terug te staan vir Deon Meyer nie, miskien, i.p.v. om te sê sy is ons vroulike Deon Meyer, moet mens sê hy is ons manlike Chanette Paul.  Terloops, ek sien agter in die boek haar ma se van is Meyer!   Ek maak beslis weer in die toekoms haar boeke deel van my langnaweke of vakansies, ek sien uit daarna om Sersant Gys Niemand en Konstabel Fortuin weer raak te loop.


Responses

  1. Net kom groet hier!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: