Posted by: mykopop | Vrydag 11 Junie 2010

2010

Aanvanklik was ek glad nie baie opgewonde oor die sokker nie, eintlik was ek negatief om die waarheid te sê.  Maar nou is hier ‘n ding aan die gang in hierdie land, ‘n gees soos wat ek nog nooit gesien of gevoel het nie!  In so ‘n mate dat ek jammer voel vir my landgenote wat ver oor die water is en dit mis.

Oor die naweek het ek die plan begin kry om ‘n prentjie van ons landsvlag te maak,  Dinsdagaand het ek weggespring teen ‘n spoed en dit gisteraand op die vooraand van die opening en die eerste wedstryd en die opening.   Omdat dit vinnig moes gaan het ek sommer “craft acrylic” verf gebruik.

Ek is bly Bafana Bafana kon dit 1-1 maak teen Meksiko,  eintlik is dit ‘n groot prestasie as mens kyk waar albei op die ranglys is.   Hulle het die eerste doel van die toernooi aangeteken, en nie die eerste geel kaart van die toornooi gekry nie.

Nou gaan ons vir ‘n week kyk hoe die sokkergees in die Noordkaap lyk.


Responses

  1. Dis mooi en oorspronklik! Geniet die Noordkaap.

  2. Die mooi Kop! Jy is kunstig hoor!

  3. Ek is baie beindruk!! Doen so voort!!

  4. Dankie julle, ons is terug, oral waar ons was, sien mens maar die vlaggies wapper. Nou wag ons in spanning om te sien wat teen Dinsdag gebeur!

    Ek het gedink ek sal die skildery probeer verkoop, teen R2010.00 natuurlik, maar my dogter wil dit opsluit hê.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: