Posted by: mykopop | Saterdag 15 Mei 2010

Ek’s nie ‘n groot fan nie

Nie van sokker of die eienaars van die Hillbrow-toring nie.

Maar ek like foto’s neem!  Twee weke gelede, Sondagaand 2 Mei, het ons die Afri-Frans produksie in die Linder-ouditorium bygewoon.  Eintlik wou ek nog ietsie daaroor skryf, maar ek was eenvoudig sprakeloos.  Met die ry is ons daar naby die Hillbrow-toring verby. Daar was nie op daardie oomblik tyd vir foto’s neem nie, toe ry ons maar weer laas Sondagaand om te kyk en foto’s te neem.  Snaaks, ek voel ook amper lus vir ‘n landsvlaggie op my kar, ek hou net nie van iets wat so wapper nie!

Ek het onlangs nie baie tyd gekry vir blog skryf nie, ek was bietjie besig.  Na ek Breyten se praatjie oor Notes from the Middle World bygewoon het, was ek ook amper lus om iets politiekerigs te skryf.  O ja, die val my nou by dis ook kort na ek Matthews Phosa se digbundel Deur die oog van ‘n naald gelees het.   Ek wou my stuk iets noem soos: Van Matthews tot Malema.  My hoofarguments sou wees dat daar tog onder die ANC-jeug intelligente opgevoede mense soos Matthews Phosa moes wees.  Maar dit was nog toe Malema maar nog net met sy streke van hierdie jaar begin het, voor Eugene Terreblanche vermoor is. Op die ou end het ek dit maar gelos.

Nou lees ek nog steeds dan en wan ‘n bladsy of twee van daardie boek van Breyten.  Dis bietjie ver bo my en vat hopeloos te lank!   Intussen het ek darem ook ‘n paar lekker nuwe CD’s bygekry en ‘n goeie digbundel of twee waarvan ek hopelik verslag sal kan doen.

Anton Goosen

hysbakke gly op en af,
blitspatrollie skeur deur die nag
en ek sit op die Hillbrowtoring,
wag vir sonop en skryf ‘n brief vir Simone.

Johannes Kerkorrel

En ken ek vir Jesus? Vra ‘n man op die stoep,
tussen Hillbrow records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur,
en die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag,
sy seine vir die junkies wat wag

Responses

  1. … ek oorweeg die landsvlag motorspieeltjie “verwarmers”🙂
    … mooi woorde van Anton en Johannes Kerkorrel!

  2. Toevallig het ek so pas ‘n soortgelyke foto, maar met die landsvlag daarvoor, gesave. Die laaste Vrydag in Junie het ons Y7’s ‘n dag wat hulle allerlei aktiwiteite gaan doen oor van die lande wat deelneem en raai, ek het SA! en my groep gaan eerste die verhoog bestyg met als wat ek met hul moet doen vir die dag…dus, ek moet sit en beplan wat 27 kinders gaan doen en ons “senario” is…sokkerspelers is NIE die fietas van die wereld nie…lol! ons gaan sokker “promote” en daarmee moet hul oor die lande aktiwiteite doen…dalk doen ons die Diski dans ook!🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: