Posted by: mykopop | Dinsdag 13 April 2010

Van Loveren Light White Semillon 2008

Bly weg.  Bly ver weg!  Dis suur en hetboonop ‘n snaakse smaak.  Ek het sopas die laaste bietjie in die bottel gedrink en toe ‘n oorgegaan na ‘n bietjie uit ‘n boks witwyn wat al lank oop is, en selfs dit smaak stukke beter.


Responses

  1. Daar’s darem niks slegter as ‘n slegte bottel wyn, veral as jy daarna uitgesien het nie.

  2. Ek bly as ‘n reel ver weg van enige wyn wat die woordjie “light” in die naam het. Dan drink ek maar eerder ‘n koue bier.

  3. Kry vir jou Luddite Shiraz! lol! vra vir Bib…heerlik!-en boonop rooi..my gunsteling

  4. Dis seker waar Boer, dalk moet ek my konsumpsie dophou – kwaliteit, nie kwantiteit nie! Ek hoop net as jy jou tot biet wend is dit ‘n Windoek Light!

    Ek sal bietjie uitkyk vir daardie Nikita, gister het ek darem ‘n bottel Savanah Shiraz oopgemaak wat glad nie sleg was nie, alhoewel mens kon proe dit kon nog bietjie langer in die bottel gelê het, dit was ‘n 2008. Ek kon egter nie langer wag nie!

    • Windhoek Light? Nee, Kop, ons moet gesels! As, mens die dag ‘n biertjie drink moet dit darem die naam “bier” waardig wees!😉

  5. Ai Boer, ek dink dis van ‘n klompie jare se bier wat die naam bier waardig is dat ek lyk soos ek lyk!

  6. Wonder net hoe jy by die laaste bietjie in die bottel uitgekom het as dit so sleg was. Vra maar net!:mrgreen:

  7. Hallo ekisanna. Armoede jong, armoede! Nee, ek dink hierdie was ‘n geval waar ek die helfte van die bottel onder ‘n vakuumproppie gebêre het vir die volgende dag. Ek dink die eerste dag was dit naby die grenslyn van drink maar of gooi weg. Die tweede dag was dit baie naby aan daardie grenslyn!

    Ek moet darem sê dat ek ook onlangs wyne van Van Loveren gedrink het wat heel gaaf was, dis hoekom ek so teleurgesteld in hierdie bottel was.

  8. Ek het nou onlangs ‘n bottel semillon (nie lite nie) gedrink, maar dit het my toe ontgaan van hierdie inskrywing. Ongelukkig het ek nie ‘n aantekening gemaak nie, ek weet glad nie van watter kelder dit was nie, maar ek het ook nie daarvan gehou nie. (Ek moet ‘n notaboekie by my wynrak sit!)

    Dink julle dis moontlik dat die spesifieke variëteit net nie met my proeknoppies maats is nie?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: