Posted by: mykopop | Saterdag 27 Maart 2010

Joburg Art Fair 2010

Ons was het vandag ‘n draai by die Joburg Art Fair gaan maak, in die Sandton Convention Centre – dit hou nog tot môre aan.  R100 per persoon vir 2 voel maar vir my ‘n stywe prys, maar dit voel darem of my oë vol is!

https://i2.wp.com/siphondlovu.everard-read-capetown.co.za/backend/media/Tue02Sep2008100537/sixfour_WAC8394.jpg

Foto: Everard Read

Twee soortelyke skildery van Sipho Ndlovu was vir my baie oulik, een van hulle getiteld “Milk Amate” as ek reg geskryf het. Op bg. webwerf is ‘n hele aantal wat so lyk – die raam waaroor die doek gespan word, word spesiaal in die vorm van die kissie soos dit in perspektief geteken is, gemaak.  Dit lyk net of hy dalk te veel van die tegniek gebruik maak, maar dis seker ‘n geval van: almal wil een hê!

Daar was baie mooi werk op uitstalling, party ook maar “weird” en glad nie mooi nie.  Daar was bv. ‘n werk wat bestaan uit ‘n swart strook in die middel met twee driehoekig swart stroke aan die kante met ‘n ander tekstuur, amper soos skuurpapier – daarvoor wil hulle R90,000 hê.

Behalwe Sipho Ndlovu se werk was daar een skildery wat ek besonder graag sou wou hê: Fishermen carrying a boat van Eleanor Frances Esmonde-White (1914-2007), daar was nie ‘n prys by nie, maar ek dink nie ek sou dit op die oomblik kon bekostig nie, lees verder in die lysie onder …

Ek het al die kunstenaars wie se werk my aandag getrek het neergeskryf, hier is die lysie – lekker Google-stof!

Stary Mwaba
Johannes Phokela
Oliver Enwonwu
Eleanor Frances Esmonde-White – Fishermen carrying a boat (4 van haar ander skilderye in die Bret Kebble-versameling is verkoop vir van R320,000 tot R650,000.)
Christo Coetzee
Stanley Pinker – Woman with mandolin
Frans David Oerder
Yinka Shonibare (C-print)
Pierneef (Olifantsrivier, Apiesrivier, Pienaarsrivier)
Irma Stern – Lute player
Alexis Preller
George Mnyaluza Milwa Pemba
Maggie Laubscher – Boats on water
Tumhomoko Go???
Eliot Sithole
Lisa Brice
Jonathan Guaitamacchi
Clare Menck – Baardskeerdersbos
Matthew Hindley
Twelethu Mtethwa (Fotografie)
Paul Emsley (Charcoal and Conté)
E.S. Tingatinga
Paul Weinberg (Foto: Moving Spirit)
Harold Voigt – Homage Charles Darwin
Sipho Ndlovu – Milk Amate

Daar was darem net een op die lys waar ek nie my handskrif kan uitmaak nie – nie sleg nie!  Oor die meeste van die ander kon ek iets op die internet kry.


Responses

  1. Ek sal bietjie name google in die komende vakansie, hierdie ene lyk interessant!

    • Dit lyk fyn afgewerk hoor!

  2. Wens ek was daar! … ek hou ook baie van Clare Menck … en Paul Emsley is net asemrowend!! … sal van die ander name gaan google… kan nie wag nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: