Posted by: mykopop | Donderdag 25 Maart 2010

Klein Kariba!

Ons was laas naweek by Klein Kariba, die ATKV-oord naby Warmbad (Bela-bela sê party mense).  Dit was ons tweede keer daar.  Die vorige keer, ‘n hele klompie jare gelede, het ‘n gelukkie ons getref: die geyser van die woonstel wat ons sou huur het gebars, toe gee hulle vir ons een van die luukse berghuise! (Nee, ek het niks met die geyser te make gehad nie!)

Hierdie keer moes ons maar settle vir ‘n tenthuis, soos hier gesien vanaf die braaiplek.

Dis altyd bedrywig by die (verhitte) swembad.  Daar is ook een binnenshuis.

Hierdie nuwe speelgoed het my laat dink aan die titel van een van die boeke van ‘n ou gunstelingskrywer, Paul Gallico: The Boy In The Bubble.

Die duiselingwekkende kranse waar ek gaan wandel het.  Net jammer mens kon die musiek by die swembad tot daar hoor.

Aan die einde van die wandelpad moes ek terug oor die bruggie waar ‘n klompie kindertjies met hulp gehengel het. Met my oorstap het ek lekker gelag toe  een laaitie sy fiets in die water laat voeter het.  Ek het later weer daar omgery om hierdie fototjie te kry.

Ek het ‘n idee die houthuise is seker die duurste verbly daar.  Maar dit lyk so skilderagtig van die ander kant van die dam, ek wil net daarvandaan kyk

Ek het my gekraak vir die kennisgewing by die swembad – as die “outeur” nie anoniem was nie, moes hy eintlik ‘n ATKVeertjie gekry het!


Responses

  1. Lyk of julle dit baie geniet het!

  2. Dit lyk te heerlik! Ek hou van daardie bubble-balle!🙂

  3. Boy in the bubble vs Boy who invented the Bubble Gun. Daar is nogal ‘n verskil..

  4. Dankie Google liewers eers, jy’s reg, The Boy in the Bubble is natuurlik Paul Simon se liedjie wat o.a. raak aan die seuntjie David Vetter wat weens ‘n immuundefek in ‘n plastiekborrel moes leef. Soos jy sê, nogal ‘n verskil, maar ek Google beswaarlik voor elke sin wat ek uiter wanneer ek sommer net gesels. Die twee sleutelwoorde het my op ‘n dwaalspoor gelei. Wys jou ook, dalk hoog tyd dat ek Paul Gallico se boeke herlees.

    Ek sien uit om jou blog of webwerf te lees!

  5. Ek het die foto’s baie geniet van Klein Kariba. Ek het mos ‘n sagte plekkie vir die waterval daar. Ek het grootgeword in Warmbad & een van die vreugdes was om daar te gaan piekniek hou! Maar toe was dit nog pure rou oerwoud – dit was net ‘n grondpaadjie so tussen die berge deur tot by die waterval. Daar was geen huisies of chalets nie, selfs geen kampterrein nie, niks nie. Alles bos, lieflike natuurskoon, onbelemmerd. Daar het ons geswem in die poel onder die waterval en ook bo in die riviertjie voordat dit afstort oor die krans. Jare later het ek die plek weer besoek en was stomverbaas hoe alles verander het. Dis mooi ja, ‘n groot vakansieoord nou, maar tog het dit my bedroef – iets was vir altyd verlore: ‘n ongerepte paradys uit my jeugjare.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: