Posted by: mykopop | Sondag 14 Maart 2010

The Musicals Unplugged

Gisteraand gesien in die Pieter Toerien Studio Theatre in Monte Casino.   Dit was regtig die moeite werd.

Angela Killian en Robert Finlayson, opmerklik twee ervare musical-akteurs.  Akteurs, nie sommer net sangers nie.  Dis wonderlik om te sien hoe hulle binne sekondes in karakter gaan, veral met die groter songs.

Hulle het liedjies uit Mame,  The Sound of Music,  Fiddler on the Roof,  The King and I,   My Fair Lady,  Camelot, Joseph,  West Side Story,  Fame,  Miss Saigon,  Cats,  The Phantom of the Opera,  Evita en Aspects of Love vertolk.  Ek sal nou nie die hele lys liedjies hier aframmel nie, anders sal hulle nie ‘n program vir R20 aan jou kan verkoop nie.   Daar is ook ‘n CD te koop vir R100.

Saam met Wessel Odendaal (klavier en agtergrondsang) het hulle die vertoning met heelwat humor opgekikker.

Foto’s:  http://www.montecasinotheatre.co.za/

Dit hou nog tot 16 April aan.  Ek het kaartjies heelwat goedkoper bekom me hulle Early Bird Special – vind uit daaroor!  Moet net nie die teater met die Teatro (waar Grease binnekort speel) verwar nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: