Posted by: mykopop | Saterdag 6 Maart 2010

Bon Appétit Breyten!

Op Donderdagaand was ons bevoorreg om ‘n gesprek met Breyten Breytenbach oor sy  nuwe bundel essays, Notes from the Middle World, by te woon.  Ons is hier weg in ‘n donderstorm,  hier op pad na die stad se kant toe was die linkerbaan van Ontdekkersweg oorstroom met omtrent 10 tot 15 cm water, op ‘n stadium het ‘n bus my in die linkerbaan probeer verbykom, dan begin spat hy water op dat ek niks kan sien nie, ek val bietjie terug, maar die bus kan nog nie voor my inkom nie, dan probeer ek weer verbygaan ens. ens!

Boekehuis het die praatjie gereël.  Gewoonlik hou hulle boekvoorlesings in die boekwinkel, maar omdat daar so baie mense was is dit  verskuif na die Beeld Ouditorium op die perseël langsaan.

Net  voor die gesprek begin, vlnr. Corina van der Spoel (Boekehuis), Prof. Willie Burger (UP),  Breyten Breytenbach en Georges-Marie Lory wat van Breyten se gedigte in Frans vertaal het..

Prof. Willie Burger het grotendeels die gesprek gelei, by tye oorgegee aan Georges Lory, terwyl Corina ook deelgeneem het.  Aangesien die boek in Engels is, was die gesprek merendeel in Engels,  wat daartoe gelei het dat ek plek-plek bietjie agtergelaat is, maar ek dink as ek die boek lees sal ek seker by wees!

Op ‘n stadium wou Breyten iets uit ‘n boek voorlees en het gesukkel om dit op te soek terwyl hy die mikrofoon ook vashou.  Georges het die mikrofoon by hom oorgeneem en ek was gelukkig om my kamera net betyds weer reg te kry vir hierdie intieme skoot net waar Breyten die mikrofoon weer terug neem.  Ek het gesukkel om ‘n mooi foto van Georges te kry, ek kon hom nie eintlik sien van waar ek gesit het nie.  Toe raak my kamera se batterye pap!

Aanvanklik het ek gegaan om vir Breyten te sien en te hoor, ek het nie soseer in die boek waaroor dit gegaan het belang gestel nie.  Na die praatjie is ons terug na Boekehuis vir ‘n glasie wyn en versnaperings en handtekeninge.  Ek het toe tog maar die boek gekoop en in die ellelange tou geval.  Daar het dit later lekker geraak!  Onbekendes het met mekaar begin gesels, ek het lekker gesels met ‘n dame agter my en later ‘n vriendin van haar, wat glad nie Afrikaans verstaan nie, maar wel Frans.  Ek het van die geleentheid gebruik gemaak om die AfriFrans CD aan haar bekend te stel, om net ‘n paar sekondes later te hoor hoe ‘n ander man dieselfde doen teenoor Georges-Marie Lory.  “Een of ander vroumens” wat in Frans sing, het hy gesê.  “Maud Myra!”, het ek onmiddelik uitgeroep.

Georges-Marie Lory

Georges-Marie Lory is onlangs aangestel as direkteur van Alliance Française in Johannesburg.  Hy is Afrikaans ten volle magtig.  Terug in Boekehuis het my kamera se battery bietjie herstel, en was ek gelukkig om ‘n paar redelike foto’s van hom te kry.  Ek hou veral van hierdie een waar hy in gesprek met besoekers is.

Helaas het ek darem ook my minuut met Breyten gekry, hy het my boek geteken en ek het vir hom ‘n lawwerige versie gegee wat ek so 2 jaar gelede gepleeg het.  Hy het aangebied dat ek ‘n adres gee waarheen hy dit vir my geteken kan terugstuur.  Onder aan die gediggie het ek destyds geskryf:  Komplimente, apologie en Bon Appétit aan Breyten Breytenbach, Leon Rousseau.

Bon Appétit aan Breyten

Responses

  1. Jy was bevoorreg, Kop!

  2. Dit klink na ‘n wonderlike ervaring!

  3. Ek eggo Nikita se kommentaar.

  4. Ek wens julle kon ook daar gewees het!

    Breyten het twee dinge gesê, nie i.v.m. die boek nie, wat ek as belangrik beskou:

    Op ‘n vraag, as wat hy graag onthou sal wil word, het hy gesê liewer as skilder, want “digter” is nie ‘n beroep nie – dis iets wat net gebeur en daarna hoop jy dit gebeur weer.

    Hy sê ook as jy een gedig het en 10 lesers, dan sit jy eintlik met 10 gedigte.

    Ek het intussen die eerste essay in die boek begin lees, ek dink dis baie goed geskryf maar met Breyten se meerdere kennis van Engels sukkel ek maar – miskien sal julle wat daar in die verre lande bly beter verstaan!

  5. Breyten is maar selfs in Afrikaans moeilik om te verstaan!🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: