Posted by: mykopop | Maandag 18 Januarie 2010

Racha Arodaky – Só moet ‘n pianiste mos lyk!

Ek het haar toevallig raakgesien op die kanaal France24 terwyl ek besig was om toetse te doen by die werk.  Ek het onmiddelik ‘n nota van haar naam gemaak.  Ek kan nie nou onthou of sy Engels gepraat het in die onderhoud nie, maar aangesien dit ‘n Engelstalige kanaal is neem ek aan dit was Engels.

Ek het vandag op Kalahari.net en Look & Listen se webwerwe gesoek vir iets van haar – nog niks nie, dus is sy nog glad nie so bekend in S.A. soos Andre Rieu nie – maar ek voorspel, hou hierdie meisie dop!

Op YouTube is ‘n paar video’s van haar, ek het veral na die suites van Handel geluister wat sy speel (Haendel gespel in Frans).   Sy speel ongelooflik mooi … of bedrieg my oë my?  (Wie onthou my inskrywing oor die violis Patricia Kopatchinskaja, meer as 2 jaar gelede?)

Foto: http://www.musiquealacour.fr

Hier is nog ‘n paar fotos wat ek uit die een video gehaal het:

Haar hande, baie aangenaam om na te kyk

Nes sy

Dit lyk asof sy baie onderhoudend oor haar kuns kan praat.

En as sy speel word sy heeltemal daarin geabsorbeer

YouTube-skakel: joue les Suites de Haendel (1e partie)

Racha Arodaky joue les Suites de Haendel (1e partie)


Responses

  1. Ek stem…sy’s smeulend! 8)

  2. Pragtig! Sy speel met soveel gevoel, sy laat my aan my haarkapper dink – die tweede keer dat ek by hom uitkom, ek het my verstom aan die man! Hy het soos ‘n kunstenaar met my hare tekere gegaan, soos ‘n skilder, ek het naderhand ophou praat en net vir hom gekyk hoe hy sy werk geniet. Sy is ook so, jy wil net luister en bly luister. Baie mooi!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: