Posted by: mykopop | Woensdag 13 Januarie 2010
Die Happy Heks van Aukurabis
Responses
Laat 'n boodskap na Nikita Kanselleer antwoord
Kategorieรซ
- Afrikaans
- Algemeen
- Bloggery
- Boek
- CD
- Christmas
- DDS(DIY)
- Diere
- Digbundel
- DVD
- Emigrasie
- Eskom
- Finansies
- Foto
- Gedigte
- Geloof
- Geweld
- Humor
- Impromptu in pajamas
- Internet
- Kersfees
- Kos
- Kuns
- Liedjies-skryf
- Limeriek
- Lirieke
- Musiek
- Natuur
- Omgewing
- Politiek
- Reis
- Rekenaars
- Skaak
- Skets
- Sport
- Stories
- Teater
- Tegnologie
- TV
- Uncategorized
- Wyn
- Xenofobie
Baie goed, Kop!! Baie geluk! Ek dag jy verwys na ‘n persoon of ‘n dier in die foto! LOL! Wat is die verhaal hier agter die Heks, nou moet jy bylas of ‘n ander inskrywing maak! ๐
By: Nikita on Woensdag 13 Januarie 2010
at 23:58
Ek lees dat Aukurabis meen…”die water wat donder..” (seker waar Augrabies vandaan kom)
By: Nikita on Donderdag 14 Januarie 2010
at 0:00
๐
By: boerinballingskap on Donderdag 14 Januarie 2010
at 16:35
@Nikita: Oukei, ek dink oor die storietjie van die ou heks, na soveel jare verdien sy dit seker. Maar nou moet jy nog wys hoe jy ET daarin sien!
@Boer: Na dese dink ek jy is dalk die man om die storie oor die heks uit te dink!
By: mykopop on Donderdag 14 Januarie 2010
at 18:33
Kop, ET se oupa het ek in die voorste deel van die rots gesien! Toe ons in 2007 by Swadini was, het ek ‘n foto geblog met ‘n “oog” in ‘n stomp hout en daarby gevra of dit “ET” is? Kyk die Swadini-video op my “movie”-page. Die foto sal daar opkom. Die rots se voorkant het my nogal daaraan herinner – jy wou he ek moes iets sien, toe sien ek dit! Jy kan nie vir my se ek’s verkeerd nie, [onnies moet toelaat om kinders kreatief te laat dink/doen ens.!] as ek ET sien, dan sien ek ET…LOL!!! ๐
By: Nikita on Donderdag 14 Januarie 2010
at 19:00
Het jy hierdie heks-storie opgemaak of bestaan dit rerig…ek sal graag wil weet…as dit opgemaak is, dan is jy baie goed, en moet jy gelukgewens word! ๐
By: Nikita on Donderdag 14 Januarie 2010
at 19:01
Jy weet wat ek bedoel as ek se…”bestaan rerig”,…menende is daar ‘n legende of iets daaragter? ๐
By: Nikita on Donderdag 14 Januarie 2010
at 19:04
Ja Nikita, natuurlik kan elkeen daarin sien wat hy/sy daarin sien!
En natuurlik het ek dit opgemaak. Die storietjie sit reeds in my agterkop, baie kort, net lank genoeg om vir bang Nama-kindertjies te vertel as die vuur se kole dof raak. Maar net een probleem, ek glo as mens ‘n storie oor ‘n ander kultuur/tyd/plek skryf moet jy outentieke name gebruik vir die karakters. Nou waar kry ek Nama-name?
Oukei, ek het jou boomstomp gekry, jissie daai ou se neus en mond lyk darem ook of hy nie sjo sjebore is nie …
By: mykopop on Donderdag 14 Januarie 2010
at 20:13
Kop, wat jy daarin gesien het is Puik/Skerp. Ek sal baie beslis moeite doen om Nama name te kry – vra die mense van die omgewing! Jy kan ‘n wenner-storie daaroor skryf! Gaan na die naaste laerskole toe met hierdie rots en skets en vra die onnies (Gr3-7) laat die kinders daaroor ‘n storie opmaak. Jis, hoe wens ek nou ek het my gr3’s gehad om hulle te kry om daaroor te skryf…oeeee! Daar sou die wonderlikste goed uitgekom het!! Gaan na die taalonnies Gr4-7 en jy gaan die oulikste goed uit hulle kry! As ek net dink wat ek altyd van kinders gekry het, dan brand ek behoorlik nou. Toe, laat jy waai met jou storie! – ek het net gegrap toe ek gese het jy wou he ek moes iets sien en toe sien ek iets…:)
By: Nikita on Donderdag 14 Januarie 2010
at 20:19
Kop, ek het so pas daardie foto’s vir manlief gewys en terwyl ek vir hom wys van ET se “oupa”, stop hy my en se hy wil wys wat HY sien…en daar wys hy die buitelyne van die rots wat JY gesien het – hy het dit nie ‘n heks genoem nie, net gewys waar is die neus. mond…ens… ๐ ek is besig met ‘n storie en ek sal nou die “et rots” inbring as ‘n tweede “karakter” – as ek moet ๐
By: Nikita on Sondag 17 Januarie 2010
at 0:35
Nikita ek was regtig van plan om net ‘n vinnige kort storietjie te skryf en hier te deel, maar toe ek daaraan begin werk, het dit net “ontplof” en te groot geraak. Onmiddelk het my ingeboude suinigheid ingeskop en ek wil dit nie sommer verniet op die internet weggee nie!
Nou sal dit interessant wees om jou storie te hoor! Die ander rots speel nie ‘n rol in myne nie. Shame, hoe moet hy nou voel?
By: mykopop on Sondag 17 Januarie 2010
at 6:19
Hi Kop…hy voel nie, hy’s ‘n rots! ๐
By: Nikita on Sondag 17 Januarie 2010
at 15:54