Posted by: mykopop | Vrydag 1 Januarie 2010

2010 se Suikerkan

Ek het ‘n klompie boeke saamgevat vir die twee weke wat ons weg was, maar nie meer as een gelees gekry nie.  Gister wil ek ‘n boek uit die tas haal wat ek saamgehad het, ‘n boek wat ek nou lankal wil lees, maar loop my toe vas in ‘n ander een wat in die tas lê.  Ek besluit toe, hy sal redelik vinnig lees, ek sal hom eers gou lees.  Ek sien toe die skrywer,  Pieter Strauss, haal ‘n paar gediggies voorin aan.  Die eerste een lui so:

Bitterboela en suikerkan
wie weet wat bring aankomde jaar
niemand weet maar almal vra
bitterboela ken ek man
gatsnogtoe skei uit met vra
proe hoe smaak die suikerkan

Boerneef: Mallemole

Ek wou gisteraand ‘n inskrywing maak oor 2009, beginnende met die laagtepunte, hoe JZ homself losgewikkel het, president geword en een na die ander pel aanstel.  By die se name het ek vasgehaak, so kom ons los maar die laagtepunte.

As ek so terugkyk was daar ‘n hele paar hoogtepunte in 2009:

Ons kombuis het klaargekom na omtrent ‘n jaar en ‘n half.  Al is daar nog baie werk aan die huis, geniet ons minstens die kombuis.

Gedigtevoorlesing van Ronelda S Kanfer en Loftus Marais  by Boekehuis.

Rod McKuen Konsert

Die Afri-Frans CD verskyn

30 Nagte in Amsterdam – al het die boek al in 2008 verskyn is dit die beste boek wat ek in 2009 gelees het.

Chris Chameleon Konsert

My eerste Kyalami ondervinding

Dan is daar natuurlik die stukkie grond wat ons gekoop het, al is dit so ver.

As 2010 min of meer so gaan lyk kan hy maar kom!

Ek hoop 2010 skink vir julle almal met ‘n suikerkan.

Protea compacta

Foto:http://www.plantzafrica.com

Die boek van Pieter Strauss heet Bitterboela en soetgousblom


Responses

  1. Vir jou en joune ook net die beste vir 2010!

  2. Hoop jy en jou geliefdes ervaar ook ‘n wonderlike 2010!

  3. Mag jou suikerkan nooit leeg raak in 2010 nie! Weereens…’n voorspoedige nuwe jaar!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: