Posted by: mykopop | Saterdag 19 Desember 2009

‘n Goeie Tyding Van Groot Blydskap

Ons beleef tans ‘n wonderlike rustige tydjie en kan regtig van dankbaarheid spreek, ongelukkig moet ek sê in skrille kontras met die familie van ‘n kennis van ons wat ‘n week na ‘n wrede aanval nog veg om sy lewe.  In die afgelope paar maande kon ons ‘n lewensdroom verwesenlik, naamlik om grond te besit.  Ons het ‘n stukkie grond van 13 hektaar, waarvan 11 onder besproeiing, gekoop.  Dis langs die Oranjerivier, so 70 km rivier-op van Upington.  ‘n Dierbare familievriend, saliger, het die grond besit van 1967 tot 1983.   Daarna was dit vir 26 jaar in my familie se besit.  Ons hoop die stukkie grond is net die begin van veel groter dinge.

Ons eerste oes! Ons het Dinsdagoggend bietjie op die grond gaan rondstap en die bakkie vye en twee perskes gepluk.

In my wildste drome het ek nie vermoed dat ek die eerste stuk grond wat ek koop die eerste aan al aan die brand sou steek nie, maar dit is wat gebeur het!  Die vorige huurder het pas koring geoes en nou moet daar mielies geplant word.  Die ideaal is natuurlik om die plantmateriaal in die grond in te werk, maar die regte toerusting is nie beskikbaar nie en die tyd is min.  (Die boere sê mielies moenie in Januarie geplant word nie, jy kan dit tot die 45ste Desember plant, net nie in Januarie nie.)

‘n Blik oor ons stukkie grond, die huis aan die oorkant behoort aan ‘n buurman.  Hier loop die water al oor die swartgebrande land vir die mielieplantery.

Khamkirri, waar ons nou vir ‘n paar dae uitspan.

Soos twee jaar gelede het ons gister ‘n draai by Augrabies te maak.  Aangesien ek reeds ‘n hele klomp foto’s het, het ek ongewone hoeke gesoek.

Gisteraand met sononder het ons ‘n drankie gaan drink op die dek van die Khamkirri Castle Corner en ‘n groot rook oorkant die rivier gesien.  Terug by die hut is dit toe al donkerder, toe sien ons ‘n helder gloed oorkant die rivier.  Koringkaf wat brand?

Ek het onlangs die twee kersverhale in die evangelies van Mattheus en Lukas bestudeer, vandaar die titel.  Ek probeer ‘n Kersverhaal skryf, maar daarvoor lyk my sal julle vir volgende jaar moet wag!  Aan al my vriende, ‘n baie geseënde Kersfees 2009 en mag al julle drome in 2010 waar word!


Responses

  1. Geluk met die kopie! Ek is seker julle sal nog baie vreugde uit die lappie grond put.

  2. Jul eie stukkie grond -baie geluk!! Klink wonderlik! Geniet dit! Wense ook vir ‘n mooi Kerstyd en hope vreugde in 2010!…

  3. Geseende Kersfees vir julle! Die lappie grond lyk MOOI! Hoe jaloers maak jy my nie! Ons het gedurig op die plaas voorbrande gemaak – ek weet nie hoekom nie, maar altyd in Augustus en dan’s daardie winde vreeslik, maar daar was altyd genoeg hulp om te keer vir ingeval daardie vuur besluit om te laat “loop”. Dis darem heerlik om ‘n rivier ook daar naby te he.

  4. OEeeeeee! Ek wou nog oor die vye iets se…dis my GROOT gunsteling vrug! Moenie weer vye hier so op jou blog sit nie, jy maak nie mooi met my nie! Daarnaas kom okkerneute! Ek het spesiaal by ons huis in PTA ‘n vyeboom laat plant en ons het heerlik gesmul aan die vye.

  5. Dankie vir die kuiers, Julle! Ons het gister so op die middag tuisgekom, nou het ek meer as ‘n week wat ek o.a. bietjie op blogs kan rondkuier. Darem jammer dat mens selfs op vakansie gejaagd lewe, ek het gedink ek sou gemaklik my verhaal voor Kersfees kon klaarmaak, maar het net ‘n goeie begin gemaak. Na die ergste afpakkery gister het ek gaan sit en teen gisteraand was dit klaar. Nou sal julle regtig ‘n jaar moet wag daarvoor!

    Nikita hopelik sal die klomp vyebome ‘n mooi klompie jare aan ons behoort! Ongelukkig, die vye word in 2 sarsies ryp, die sg. voorvye vroeg in Desember en die ‘eintlike vye’ weer vroeg in Januarie – ons is gewoonlik daar tussen die twee, en ons het nie op die oomblik iemand om dit vir ons te verwerk nie, die meeste sal seker maar verlore gaan. Dalk kan ons eendag kyk na ‘n gedroogde vyerolletjie of ‘n potjie konfyt?

    • Ek vrek oor vyekonfyt natuurlik ook. – en waatlemoenkonfyt – geniet jou vye en Voorspoedige Nuwe Jaar!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: