Posted by: mykopop | Maandag 28 September 2009

Verbrande Paradys – Hans du Plessis

verbrande-paradys-voor“Maar daar is nie ‘n storie nie!”  So het  P.G. du Plessis vir Hans gesê nadat hy al omtrent 3 jaar met die boek besig was.  Ek het gisteraand weer geluister hoe hy dit in April al op RSG se Leeskring vertel het.  Hy sê hy was so behep met die tema van die bewaring van die Vredefortkoepel dat hy nie werklik by die maak van ‘n storie uitgekom het nie.  Alhoewel hy al 5 vorige romans geskryf het, het hyself gevoel dat hy nie baie goed is met die uitdink van ‘n storie nie.  (Sy belangrikste werk tot op datum natuulik sy Griekwapsalms.)  Alhoewel hy homself aanvanklik vir P.G. vererg het, het hy tog sy raad gevolg en die boek eers vir ‘n jaar gelos, totdat hy ‘n ware storie met karakters gekry het .

In die algemeen is die boek ‘n lekker leeservaring. Tog is daar ‘n paar dingetjies wat pla.  Nou sal ek dit waag om so ‘n groot skrywer en  literator wat skryfskole aanbied aan te vat? Ja wat, dis mos hoekom ek die blok het om my kop op te sit!

My eerste klagte het niks met die skryfwerk te doen nie, maar gaan oor die kwaliteit, of liewer gebrek daaraan van die fisiese boek.  Dis absoluut ‘n slapbandboek, die papier die effense geel tipe, amper na koerantpapier se kant toe.  Ja, ek weet die dinge is duur en die bedryf sukkel om aan die gang te bly, maar as ek dit net vergelyk met ‘n ander onlangse nuwe boeke wat ook slapband is, maar met flappe wat invou en ‘n bietjie beter kwaliteit papier is daar net geen vergelyking nie.  Ek dink vir ‘n boek waaraan die skrywer 3 of 4 jaar gewerk het, sal die leser bereid wees om bietjie meer te betaal.  Hou die egte slapbandformaat maar vir die boekies wat in 6 maande geskryf word.

Wat die storie self en die karakters aanbetref is dit heel oortuigend.  Lesers moet daarop voorbereid wees dat kru taal voorkom, die karakters praat soos wat regte mense in regte situasies praat.  Dan moet ek ook waarsku dat dinge nogal grusaam raak, en dis my een klagte, daar behoort dalk ‘n waarskuwing vir sensitiewe lesers te wees.  Dis darem egter net tot dele van die boek beperk.

Soos ek gesê het, die karakters is heel oortuigend, maar hier en daar is daar tog vir my ‘n glipsie.  Ek het nie almal opgeteken nie, maar bv. op bl. 32 sê Emma: “Haar pa het gister vir haar ‘n motor gekoop.”  Nee, jammer, “motor” gaan nie vir my af by ‘n matriekdogter nie.  Dit was ‘n Citi Golf.  Sy sou gesê het “kar” of “Golf.”

Nog iets wat vir my nie realisties is nie, is die nuwe bakkie wat die skelm eiendomsagent vir die outjie gee wat maar die vorige jaar in graad 10 was en waarmee hy dan sommer gereeld dorp toe ry.  Daar is tog nie ‘n manier waarop hy al ‘n rybewys kon hê nie.  Of laat ek sê, al word daar gesê dat hy ‘n lae sosiale IK het, daar nêrens genoem word dat hy standerds moes herhaal nie.

Dan dink ek iewers het ek iets misgelees.  (Ek sal dit nou so probeer stel dat as jy nog nie die boek gelees het nie, dit nie eintlik iets sal weggee nie.)  Naby die einde van die boek, bl. 395, lees ek: “Julle weet nie hoe dit daardie jare tussen bruin en wit was nie.”  Iewers het dit my verbygegaan dat die bywoners bruin was.  Ek moes seker gedink het dat die dae van blanke bywoners soort van verby is, en die van moes seker ook ‘n klokkie gelui het.

As laaste klagte moet ek sê dat ek glad nie van die einde gehou het nie!

Iets waarvan ek wel hou, wat ek nog nooit voorheen gesien het nie, is 7 besprekingsvrae vir leeskringe agter in die boek.  Dit dink ek was ‘n blink idee.

Ek het ‘n resensie of twee gelees oor die boek en dit lyk asof die resensente met my saamstem oor van die gebreke wat ek noem, maar ook daaroor dat daar heelwat leesplesier tussen die bladsye opgesluit is. Ek dink ook daar kan gerus meer in boeke ten gunste van omgewingsbewaring geskryf word, soos Prof. Hans op die Radio gesê het, dit moet net met die storie geïntegreer wees, die twee moenie langs mekaar staan nie.

Bestel Verbrande Paradys van Kalahari.net

Responses

  1. WoW! Ek lees sommer altyd deur Reader, maar vandag het ek kom inloer en ek dink jou blog lyk stunning!

  2. ‘n Baie goeie resensie! Ek stem saam oor die “kar”. Skrywers moet kyk na hul karakters en hul taal moet aanpas by die karakters – dis een kriteria waarna mens tog oplet wanneer jy skryf. – ok, wie is ek..ek’s nie ‘n skrywer nie en wat weet ek van skryf af?🙂

  3. Hi Nikita, mapstieks natuurlik weet jy genoeg van skryf af, maar dis ‘beside the point”. In enige beroep kan mens seker sê, ek weet meer as sommer enige Jan Rap en sy maat, maar ek dink dis nie die geval met ‘n skrywer nie – hy skryf die boek vir lesers, nie vir ander skrywers nie, dus kan ons net so lekker saampraat. Ek hoop ook dat die kritiek wat ons lewer partykeer by hulle uitkom, dat ons op die manier help om die standaard te verhoog.

  4. ‘n Bietjie blog advertensie.

    Wie gaan die jaar die Curriebeker wen?

    Bereid om jou mening te waag en dalk R200 vir liefdadigheid op te dok?

    http://loseitofhoesdit.wordpress.com/


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: