Posted by: mykopop | Sondag 20 September 2009

Chameleon ‘n Classic!

Jammer, geen foto’s, geen lysie van liedjies gesing, nie eens ‘n handtekening op ‘n CD-omslag nie – ek het net gegaan om die konsert te geniet!  Dis nou die Klassieke Chameleon-toer waarvan ons gisteraand die laaste vertoning  in die Mosaiek Teater bygewoon het.

Kan die man sing!  Hy het nie soveel klassieke musiek gesing nie, maar wel gedemonstreer dat hy note van bas tot sopraan kan bykom.  Daar was natuurlik ‘n paar van sy Ingrid Jonker-toonsettings en ook van die ander liedjies uit 7de Laan.  ‘n Liedjie van hom wat ek onlangs op die radio leer ken het, Eiland, was ook daar.  Ek wil so go moontlik die CD met die liedjie op in die hande kry.

Hy is ook ‘n grapjas, ek het opgemerk dat die musikante in die orkes, wat die hele toer met hom meegemaak het, steeds omtrent gelê het soos hulle lag.  Van die grappies oor die sogenaamde Nederlandse “valse vriende” was dalk ‘n bietjie voorspelbaar.  Een ander dingetjie wat dalk bietjie hinderlik was, was dat hy ‘n paar keer aan die klankman geneul het om hom meer van homself en minder van die orkes te gee.

Ek het op RSG gehoor een vertoning was saam met die dolfyne in Durban, ek sou dit natuurlik graagter wou sien as die een in Roodepoort.  Daar is ‘n ander mooi storie op RSG vertel, die vorige Saterdag was daar ‘n gesprek met ‘n dame wat blind is, ek dink amper sy het kaartjies vir die vertoning gewen.  Iemand het iets gesê oor Chris Chameleon se nekare wat bult as hy sing en sy wou graag aan hom raak.  Gisteroggend het sy toe weer kans gekry om te praat en vertel dat sy toe die kans gekry het om hom te ontmoet.  Sy het haar hande op sy skouers sit, maar wou nie aan sy gesig raak nie, sy voel dis iemand se persoonlike ruimte.

Die orkes het uit 7 lede bestaan waarvan net een vir my bekend was, ek kan ook nie almal se name onthou nie, maar dit het min of mees so daaruit gesien:  Dromme en perkussie (Riaan van Rensburg), Bas (‘n ou van die orkes Joos Tonteldoos & die dwarstrekkers uit die 90’s, Tjello, Viool (Adrie), Kitaar, Fluit (Kellerman of so iets), Keyboard en Trekklavier (Melissa).

Behalwe dat Chris kan sing en grappies maak, preek hy ook sommer ‘n bietjie.  Hy het iets gesê van as mens 3 uur in die môre wakker word en nie kan slaap nie, en van ‘n apie in mens se kop wat nie wil stil word nie, die dink ek kom van die Boeddhiste.  Hy het ook gesê mens moenie bang wees om ‘n aap van jouself te maak nie.  Ek dink dis dalk deel van sy sleutel tot sukses:  as die liedjie wat jy skryf net nie reg wil klink nie, sing hom harder!


Responses

  1. Die ou is nogal veelsydig! Ons het die vertoning Vrydagaand in Durban gesien.

    Die sessiemusikante was almal regtig goed. Hulle moes nogal improviseer om die dolfyne ingewerk te kry, maar hulle het goed van hulle flaters herstel. En lekker gelag. Wouter – die fluitspeler – het self ‘n CD uit wat die moeite werd is om na te luister. So half ‘n jazzerige inslag.

    Die klankmeng was by die eerste paar liedjies vir my “af”. Ek vermoed omdat omtrent almal wat saamspeel nuut is, sal dit ‘n rukkie vir hulle neem om die soort van ding uit te sorteer.

    Wat veral by ons hinderlik was is ouens wat ‘n funksie met klipharde musiek net ‘n entjie verder aan die gang gehad het en ten spyte van ons pleidooie het hulle die musiek bly harder draai.

    Ons (twee kleuters ingesluit) het die hele storie egter baie geniet. Hierdie een gaan as ‘n lekker herinnering opgeskryf word in ons gesin se ervarings.

  2. Geniet ook Chris se musiek baie! … was onlangs by die Cultivaria by ‘n show van hom… dit was die 1ste van hierdie show en alhoewel die vertoning nog daai iets gekort het van ‘n rukkie se optree… was dit soos om jou gunsteling familielid weer na ‘n lang tyd te sien… ‘n heerlikheid! ..

  3. […] Chris Chameleon Konsert […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: